Die Voorouers en Nageslagte van 
Stephanus Albertus Smit van Waterval, Burgersdorp deur J.A. (Koos) Smit 1970

Ons stamvader was ERASMUS SMIT of Schmidt. Hy het van Holstein gekom in 1717 en het diens gedoen as soldaat by die H.O.I.K.
Later het hy �n boukneg en toe vryburger geword in 1727, en is op 6 Mei 1731 met Cornelia van Emmenes getroud. Hulle het op Drakenstein gewoon en hy is op 6 Mei 1787, op Stellenbosch oorlede.

Voordat verder gegaan word met die familieregister van die Smits is dit van belang om die stamouers van Van Emmenes te gee.

Albert Gerritse van Emmenes was getroud met Catharina van den Bosch en hulle het van Leiden gekom. Hulle kinders was:

1.

Gerrit, 4.1.1705. Hy was �n burger en het op Drakenstein gewoon.

2.

Cornelia, 5.12.1707. Getroud met Erasmus Smit.

3.

Geertruyd, 23.12.1708. Getroud met Jan van Laar van die Paarl, en �n tweede keer met Heinrich Hahn van Idstein in Hesse, Nassau.

4.

Johanna, 16.11.1710.

5.

Catharina, 7.5.1713.

Die naam �Catharina� van ons stamvader se skoonmoeder kom herhaaldelik voor in die nageslagte van Erasmus en Cornelia Smit.

1.  

Anna, 8.2.1732 X J. D. H. van Bieleveld.

2.  

Johan Erasmus, 5.7.1733 X Rachel Jordaan. XX Johanna Theresia Loubser, Hulle het tien kinders gehad.

3.  

Gesina, 30.1.1735. X Willem Botha. XX Pieter Jordaan.

4.  

Martha, 21.10.1736. X Gerrit van Wyk.

5.  

Cornelia, 4.10.1738. X Jan Adriaan Venter.

6.  

Geertruy, 22.1.1741. X Willem van Zyl. XX Hendrik van Zyl.

7.  

Erasmus, 4.10.1742. X Aletta Margaretha Wiese. 25. 8. 1765. XX Maria Magdalena v. d. Linde. Hulle het agt kinders gehad.

8.  

Gerrit, 17.4.1745. X Anna Elizabeth Coetzee.

9.  

Pieter, ongeveer 1748. X Anna Dorothea Kramer. XX Maria Nienaber. Hulle het tien kinders gehad.

10.

Albert, 17.1.1751. Burger op Stellenbosch. X Jacomina van Wyk, 17.11.1771. XX Cecilia Jacoba Coetzee 7.11.79. XXX Susanna Aletta Korff. Agt kinders uit huwelike gebore.

Dis nie duidelik hoeveel kinders, indien enige, uit huwelike Nrs. 1, 3, 4, 5, 6 en 8, gebore was me.

Die tweede geslag Smits van ons familie spruit uit Erasmus die sewende kind van stamvader Erasmus.

Erasmus, 14.10.1742. X Aletta Margaretha Wiese op 25 8
. 1765. XX Maria Magdalena v. d. Linde. 

������������� Die volgende was hulle kinders:

1.

Erasmus Jacobus, 28.2.1768. �n Burger van Stellen�bosch. X In Swartland met Martha Christina Smit (sy niggie en dogter van Johan Erasmus Smit) op 11.5.1788.

2.  

Margaretha Aletta. 23.4.1769.

3.  

Petrus Erasmus, 10.3.1771. burger van Stellenbosch. X Alida Susanna Kotze, 17.8.1794.

4.  

Cornelia Johanna. 5.7.1773. gebore in Swartland. X Adriaan Pieter van Niekerk.

5.  

Martha, 14.5.1775. X Floris Smit.

6.  

Anna, 21.12.1777. X Jan Hendrik Coetzee.

7.  

Maria Magdalena, 21.11.1779.

8.  

Erasmus, 10.9.1783. X Susanna Francina Rossouw.

Hulle het twee kinders met die naam Erasmus gehad. nl. die oudste Erasmus Jacobus en die jongste Erasmus. Erasmus Jacobus dra ons stam na die derde geslag.

Erasmus Jacobus, 28.2.1768, burger van Stellenbosch getroud in Swartland 11.5.1788 met sy niggie Martha Christina Smit, 25.12.1771, �n dogter van Johan Erasmus Smit. Hulle het die volgende agt kinders gehad:

1.  

Aletta Johanna, 16.9.1789. X Gerrit Myburg.

2.  

Johannes Erasmus, 20.3.1791. X Jacoba Wilhelmina Bester.

3.  

Johanna Theresia, 20.3.1796.

4.  

Jacobus Petrus, 26.1.1800. X Martha Gerbrectha Sophia de Klerk.

5.  

Anna, 21.5.1804.

6.  

Johanna Christina, 17.11.1805. X Jan George Bender.

7.  

Stephanus Albertus, 3.4.1808. X Susanna Maria de Klerk.

8.  

Petrus Nicholaas, 25.2.1810. X Jacoba Gerlina Vermaak.

Erasmus Jacobus het na Brakrivier, distrik Cradock getrek waar hy oorlede is. Na sy dood het sy vrou Martha Christina getrou met Mieder Palm. Sy het een kind by Palm gehad en dit wil voorkom of sy �n groot rol as martriaag gespeel het in die gesinne van haar kinders. Daar was nie �n doop of troue wat sy nie bygewoon het nie by Brakrivier of Stormbergspruit, soos die streek genoem was waar die Smits hulle in die latere Burgersdorpse omgewing gevestig het. Sy is oorlede op 11 Mei 1842, in die huis van haar seun Stephanus Albertus en is op Waterval begrawe.

Dis van belang om besonderhede van oupagrootjie se broers se kinders te gee voordat ons sy besonderhede gee want sonder die gegewens sal dit moeilik wees om te volg hoe die kinders ondertrou het.

1.��� Johannes Erasmus ( De Villiers en Pama. Nr. b. 7. C. 1
. d .2.) X Jacoba Wilhelmina Bester. Hy was gebore te Brakrivier op 20.3.1791 en oorlede op 20.7.1845, op die plaas Tweefontein, distrik Colesberg.

Hulle het net een kind gehad Erasmus Jacobus, gebore 22.9.1817, oorlede 11.10.1870. Hy was getroud met Anna Cecilia Sophia Margaretha Meyburg (Myburgh?). Hulle het nege kinders gehad en het op die plaas Ongelukskraal, Distrik Albert, gewoon. Hulle het ook die plaas Vaalbank. Distrik Albert, besit.

2.��� Jacobus Petrus (De Villiers en Pama. Nr. b.7.c.l .d.4.) gebore 26.1.1800 te Brakrivier, distrik Cradock. getrek na en stig die plaas Vinkelfontein. distrik Albert. ongeveer 1836. Oorlede 30.11
.1848. X Martha Gerbrectha Sophia de Klerk (sy was blykbaar �n suster van oupagrootjie se vrou), en uit die huwelik is gebore: 

A.

Gerbrectha Sophia X W. J. van Biljon.

B.

Martha Christina X Hendrik Willem Lategan.

C.

Aletta Johanna X Jacobus Albertus Smit (Koos Wonderboom) haar neef en seun van Stephanus Albertus.

D.

Jacobus Erasmus X Aletta Catharina Smit. sy niggie en dogter van Stephanus Albertus. Hulle het op die plaas Prospect gewoon en hy was bekend as �Koos Prospect�.

E.

Willem Abraham X Catharina Sophia Smit. sy niggie en dogter van Stephanus Albertus. Hulle het op die plaas Vinkelfontein gewoon en hy was bekend as �Willem Vinkelfontein�.

F.

Stephanus Johannes Petrus, 9.6.1846. X Alida Barendina Hendrina van Wyk. Hy is oorlede op die plaas Prospect op 6.8.1889.

 3.��� Die jongste broer van oupagrootjie was Petrus Nicholaas. Sy naam kom nie voor in De Villiers en Pama nie, maar wel op die sterftesertifikaat van sy moeder. Gebore 25.2.1810 in die distrik Cradock en oorlede 17.2.1864. op die plaas Rustebly, distrik Aliwal Noord. X Jacoba Gerlina Vermaak. Hulle het agt kinders gehad:

A.  

Martha Christina.

B.  

Susanna Maria Johanna.

C.  

Alida Hendrina Margaretha.

D.���

Magdalena Johanna Aletta. 28.3.1847.

E.  

Jacoba Gerlina.

F.  

Erasmus Jacobus.

G.  

Petrus Nicholaas.

H.���

Johannes Daniel.

Stephanus Albertus is ons vierde stamvader en is uit die huwelik van Erasmus Jacobus Smit en sy niggie Martha Christina Smit gebore. Hy het die plaas Waterval. naby Burgersdorp gestig, ongeveer 1835. Hy was getroud met Susanna Maria de Klerk, gebore te Brakrivier, distrik Cradock. Hy is op 7.3.1866 oorlede en is op Waterval begrawe.

Uit die huwelik is tien kinders gebore: �����������������                                                                    

1. Jacobus Albertus. 27.11.1832 7.9.1904
2. Andries Petrus. 1.3.1834 22.11.1907
3. Martha Christina. 26.12.1836
4. Johanna Maria. 16.7.1838  5.8.1856
5. Aletta Catharina. 13.3.1840 13.11.1910
6. Anna Johanna. 25.4.1841 19.9.1910
7. Margaretha Elizabeth.
8. Catharina Sophia. 8.5.1845 8.6.1910
9. Stephanus Johannes. 28.6.1847
10. Petrus Erasmus. 17.2.1849 23.11.1916

Dis van belang om daarop te let dat in die twee laaste geslagte die naam "Erasmus" as �n voornaam feitlik verdwyn het. Dit kom net voor as �n tweede naam. Stephanus Albertus het sy oudste seun die tweede naam van sy Vader en sy eie tweede naam gegee.

Aangesien die doel van die register is am die besonderhede van Stephanus Albertus se nageslag te boekstaaf sal die gegewens van sy kinders en hulle afstammelinge op rekord gestel word uit besonderhede wat met moeite bekom was. Ongelukkig is die enigste volledige stamregister wat ek kon kry, die van my grootvader Andries Petrus.

Dit wil voorkom dat Oupagrootjie naby Stellenbosch gebore was. Sy dooprekord is glo in die Groot Kerk in Stellenbosch. Daarvandaan het hulle na Cradock getrek waar hulle langs Brakrivier gewoon het en in 1835 die plaas Waterval aangele het. Dit moes �n spogplaas gewees het in daardie tyd.

Daar bestaan vandag nog bome soos saffraanpeer en moerbei en wingerd wat deur hom geplant was. Die woonhuis se inure was van ongebrande stene en tot 2 vt 6 dm dik op sekere plekke. Die deurrame was van stinkhout en vloere, dakhout en soldervloere van geelhout. Twee van die oorspronklike Kaaps Hollandse gewels wat die huis versier het bestaan vandag nag. Aan die westekant was �n trap na die solder en aan die suide. ooste en noordekante was �n wye stoep geplavei met die plaaslike plat sandsteen. �n Watervoor is uit die Buffelspruit gelei vir ongeveer drie myl en landerye is onder besproeiing gebring.

Oupagrootjie was �n hoogaangeskrewe man in sy gemeenskap. Die kerkgeskiedenis en rekords is deurspek met be�sonderhede in verband met hom.

Hy het sy godsdiens streng uitgeleef. Nie alleen het hy altyd op die kerkraad gedien nie, maar hy het aktief en met verstand hom bemoei met die handhawing van kerkwette, sover dit die gemeente betref, In sy daaglikse lewe was sy godsdiens van uiterste belang, b.v. die vrouens van sy gesin moes alle kosse vir Sondag die vorige dag voorberei sodat daar nie Sondae gewerk moes word nie en op Sondae was dit vir sy huisgesin verbode om oor sulke sake soos modes, ens. te gesels.

Die skeuring in die gemeente met die afstigting van die Gereformeerde Kerk het hom groot verdriet besorg want sy oudste seun, Jacobus Albertus, het na Ds Postma se kerk oorgegaan. Hy het gedien op �n kommissie wat gevorm was om die belange van die N.G. Kerk te behartig gedurende hierdie tyd.

Hy het �n groot huisgesin gehad en toe hy oorlede is, het sy boedel ongeveer �8,000 beloop wat vir daardie jare �n fortuin was as in aanmerking geneem word dat sy kinders ook goed nagelaat was.