Home Family Trees Databases CDNI Databases BMD Links First Fifty Years

MY UITGEBREIDE SMIT STAMREGISTER

In 2003 opgestel deur Alwyn Petrus Smit, Viljoenstraat 12 / Posbus 888, Bredasdorp, 7280

Telefoonnommer: 028-4251928 of  Selnommer:  082 922 7849

(Die onderstaande inligting is uit ou Bybels – waaronder die Meijer Familie Bybel – en ou Psalm- en Gezangeboeke, persoonlike mededelings, besoeke aan begraafplase, die Kaapse Argief, die TAB, NGK-argief en van GISA verkry, maar ook uit verskillende bronne op die internet – veral dankie aan Ron Smit wat ‘n besonder goeie Smit-webtuiste geskep het, en aan Jéan Smit, Mike Barker, Emmerentia van Rensburg, Janet Melville en vele ander.  My besondere dank gaan aan Richard Ball wat uit die verre Brittanje van sy waardevolle navorsingsresultate aan my beskikbaar gestel het.  Sonder sy hulp, wenke en geduld sou die inleidende gedeelte – nou ook in Afrikaans – nie moontlik gewees het nie.  My dank en erkenning gaan hiermee ook aan al die navorsers wat vir Richard Ball en Ron Smit behulpsaam is, asook aan die skrywer Ad Biewenga vir die verwysing in sy boek na Jan Smit en Jacob Cloete se geveg.   

Ongelukkig kan ek nie vir enige tikfoute t.o.v. datums, persoonlike aannames en verkeerde vertolkings van ander persone op die internet rekenskap gee nie.  Die oorskryf en gebruik van onbevestigde inligting skep dikwels probleme en is ‘n groot bron van kommer, veral inligting wat van die internet verkry word.   Sover moontlik het ek van hierdie foute – ook met die hulp en raad van ander – probeer regstel.  

My oorspronklike doel was om slegs ‘n kort geheelbeeld van my eie familie Smit binne die privaatheid van my familie weer te gee.  Maar mettertyd het verskeie Smitte gevoel dat hierdie bydrae ook met ander belangstellendes op die internet gedeel moet word.  Deur ‘n bietjie uit te wy en hier en daar interessante inligting te verstrek, het ek probeer om die inligting wat ‘n normale geslagsregister bied ‘n bietjie meer lesersvriendelik te maak.  In die proses kan verbintenisse met ander families gemaak word en lesers hopelik tot verdere navorsing geprikkel word.  Navorsing hou nooit op nie, en ek hoop dat my nasate en  navorsers in die toekoms verdere uitbreidings sal maak en moontlike foute sal regstel.

Ek gebruik deurgaans die “~”-teken voor ‘n doopdatum om “gedoop” aan te dui)

    

Inleiding: Hoewel daar na 1652 wel enkele Jan Smitte aan die Kaap was, word Jan Smit *circa1662 [hierdie datum van onbekende oorsprong word algemeen gebruik, maar kon nog nooit in die argiewe bevestig word nie] x Adriana Tol *1656 (albei in Nederland gebore) as die werklike stamouers van die Smitte in Suid-Afrika beskou.

Dit is duidelik dat die bekende voornaam, Alewijnsz/Alewijn/Alewyn/Alwyn, se oorsprong by die familie Tol van Nederland gevind kan word.  Om dit toe te lig, moet ons eers die familie Tol van nader beskou:  Jacob Alewijnsz Tol (geen datums bekend) x Vrou onbekend, was die vader en moeder van Alewijn Jacobsz Tol, oorlede 1621.  Laasgenoemde was dus volgens die Hollandse gebruik, “die seun van Jacob”.  Hy woon in die huis genoem “Grooten Snouck” en trou op 20.08.1606 met Maritgen Joosten, oorlede 1644.  Maritgen Joosten was drie keer in haar lewe getroud. 

Hulle seun is as Jacob Alewijnsz Tol (circa 1607 – Sept. 1662) gedoop.  Hy trou op 03.03.1647 in Nieuwe Kerk, Delft, met Lijsbet Dircx van der Piet (~22.11.1626 – Maart 1692).  Haar ouers was Dirck Tonisz van der Piet (*1582 en oorlede Desember 1660.  Hy word op 01.01.1661 uit die Oude Kerk, Delft, begrawe)  x  Ariaentgen Pleunisz [Pleunisdochter], getroud op 22.12.1619 in Delft, oorlede 1655.  Op 31.05.1656 hertrou Dirck Tonisz van der Piet met Aryaentgen Tijssen [Tijsz].  Sy sterf in 1670, tien jaar na sy dood.  [Soms word haar naam as Ariaentjie geskryf – alle name is vroeër dikwels verbuig – bv. Adriaentgen, Adriaentje, Adriantjie – Lijsbet, Liesbeth, Elijsabet,  Elisabeth, Elizabeth – Geertruida, Gertruida, Gertruyda – Stephanus, Stefanus, Stevanus] 

Nou moet ons baie noukeurig op die volgende let:  Uit die huwelik tussen Jacob Alewijnsz Tol *ca 1607  x  Lijsbet Dircx van der Piet *1626, word die volgende kinders gebore: Maria Tol ~15.12.1647.  Volgens ‘n verklaring aan die here van die Delft Weeskamer op 05.02.1669, lig die weduwee, Lijsbet Dircx van der Piet, hulle in dat haar dogter, Maria Tol, op 08.12.1668 ‘n testament opgestel het.  Ons kan dus geredelik aanvaar dat sy iewers na hierdie datum, waarskynlik vroeg in 1669 oorlede is.   Na Maria *1647 word ‘n dogter, Adriana Tol (~29.07.1649 – 1652), gebore. 

Om enige verwarring uit te skakel, kan ons haar as die eerste Adriana beskou, want die tweede en meer belangrike Adriana (ons stammoeder), word eers later gebore en gedoop.  Hierdie eerste Adriana Tol *1649, word op 29.07.1649 in die Nieuwe Kerk, Delft, gedoop.  Die getuies by die doop is Pleunis van der Piet, Barbara van der Piet en Engelken Gijsenbertzs. 

Sy word deur ‘n suster, Elsje Tol (~02.03.1651 – 1652), opgevolg.  Die eerste Adriana en haar sussie, Elsje, is albei volgens “De Begraafboek Oude en Nieuwe Kerk” reeds in 1652 begrawe.  Die begrafnisdatums (nie noodwendig die sterfdatums nie) is 16.02.1652 en 14.09.1652, maar ongelukkig word daar in albei gevalle net van “die kinders” van Jacob Alewijnsz Tol gepraat en weet ons gevolglik nie watter een van die twee susters eerste oorlede is nie.  Die volgende seun was Alewijn Tol (1654 –1674).   

Let wel:  Hierna word die tweede Adriana Tol in 1656 gebore, en op 16.07.1656 gedoop.   (Dit was destyds ‘n algemene gebruik dat verdere kinders dieselfde name as hulle afgestorwe broers of susters gekry het.  Baie familienavorsers besef nie altyd dat hierdie familie twee dogters met die naam van Adriana Tol gehad het nie).   

Haar naam word as Aryaentjie op bladsy 174 in die “Doopboeken 1616 tot 1811” van Nieuwe Kerk, Delft aangegee.  Sy is dus soos dit die gebruik was, na haar ouma vernoem.  Die getuies by die doop is Dirck Tonisz van der Piet, Aryaenten Tijsz (Dirck Tonisz se tweede vrou) en Elisabet Isaackz.  (Hierdie Adriana Tol *1656 sou op circa 4 Januarie 1682 (of daarna) in Schipluiden, of in die Nieuwe Kerk, Delft, met Johannes [Jan] Smits [Smit] *circa1662 [?] – ons Smitte se stamvader – trou.  Sien meer hieroor hieronder).  Nog twee seuns, Dirck en Willem, sou na Adriana gebore word. 

In 1662 sterf Jacob Alewijnsz Tol en word sy vyf minderjarige kinders onder voogdyskap van die Delft Weeskamer geplaas.  (Dis nou Maria Tol ~15.12.1647, Alewijn Tol ~08.03.1654, Adriana Tol ~16.07.1656 – 6jr oud, Dirck Tol 4jr oud, en Willem Tol 2jr oud).  Drie voogde word aangestel, maar hulle moeder Elisabeth/Lijsbet Dircx van der Piet, versorg steeds die kinders – waarskynlik uit die opbrengs van hulle erfporsie wat deur die Weeskamer van Delft tot en met hulle mondigwording belê is.

Adriana Tol ~16.07.1656, (vir die enigste keer in die dokumente van die Delft Weeskamer, word na haar as Adriana Jacobz Tol verwys – dus die dogter van Jacob Tol) verskyn op 22.12.1685 voor die Delft Weeskamer.  Sy verklaar dat sy die vrou van die soldaat, Johannes [Jan] Smit, is, en dat sy deur hom ondersteun en versorg word.  Sy maak ook van die geleentheid gebruik om haar moeder vir haar goeie sorg van die verlede te bedank en verklaar voorts dat haar moeder geen verdere verpligtinge teenoor haar het nie.         

 Adriana Tol, woonagtig in Oudenlangedijk, trou waarskynlik (soos reeds genoem) op 04.01.1862, of daarna, in Delft of die nabygeleë Schipluiden met Jan Smit.  (“Attestatie” is op 4 Januarie 1682 op Schipluiden gegee).  Gedurende hierdie tyd was Jan Smit ‘n soldaat in die kompanie van kaptein Moor, van die garnisoen in Delft.  Ongelukkig bestaan daar skynbaar geen inskrywingsdatum tot die garnisoen, wat verdere lig op sy ware ouderdom kon werp nie. 

Interessantheidshalwe: Jan se ouerpaar was volgens inligting wat ek van johan@joubert-family.com gekry het, ene Hans Smidt *1625, in Maastricht, Delft  x  Anna Schouermans.  Tot op hede kon hoegenaamd geen bevestiging vir hierdie inligting in die argiewe of elders verkry word nie.  Hierdie sogenaamde ouers se name en die  datum 1625 moet dus liewer tot die teendeel deur verdere navorsing (wat baie interessant mag wees) bewys is, as ‘n moontlike foutiewe aanname beskou word. 

Ek persoonlik het hoegenaamd geen bewyse tot die teendeel nie, maar plaas ‘n mate van ‘n vraagteken agter die geboortedatum van Jan Smit – m.a.w. die *circa 1662 wat algemeen gebruik word.  My beskeie redes is: (i)  Die feit dat dit circa 1662 is, dui daarop dat daar geen sekerheid oor die datum is nie. (ii)  Dit impliseer dat Jan Smit ses jaar jonger as sy vrou is.  Dit opsigself is nie onmoontlik nie, maar dit wyk van die normale tendens af. (iii)  Indien sy vader soos daar beweer word, wel Hans Smidt *1625 was, was hy reeds 37 jaar oud toe Jan gebore is.  Dit is ook heel moontlik, maar wyk ook ietwat van die normale tendens af. (iv)  Ek het al dikwels gesien dat navorsers – veral van die jonger geslag – sukkel om die ou handskrifte reg te lees.  Ek wonder of die argiefnavorser nie sekerheid gehad het of dit 1662 of 1652 moet wees nie, en toe maar op circa 1662 besluit het nie?  (v)  Hoewel ek weer eens moet beklemtoon dat ek geen bewyse het nie, sou ‘n geboortedatum van circa 1652 vir my persoonlik meer sin uitmaak, want die tydintervalle tussen die verskillende geslagte sou meer realisties gewees het. Uit ‘n geskiedkundige oogpunt het my voorgevoel en teorie natuurlik geen waarde nie – dit is alles blote spekulasie wat ek voorhou.  Enige hulp, kommentaar en/of navorsingsinligting hierop sal baie verwelkom en waardeer word).   

In die Delft Ondertrouw Register is aangeteken dat Johannes Smits [Jan Smit] en Adriana Tol, soos die vereiste was, reeds op 25.10.1681 ‘n huweliksaansoek ingedien het.  In die linker kantlyn word op 01.11.1681 aangeteken dat die aansoek deur Lucretia van Santen, weduwee van Robert van Santen [ook Van Senne geskryf] teengestaan word.  Lucretia van Santen het aanvoer dat sy reeds ‘n kind by Jan Smit gehad het, en gevolglik beswaar teen sy huwelik met Adriana aanteken.  [Dit is tog interessant dat volgens die kerkboeke van die Katolieke Kerk, Sint Hippolytus op het Bagijnhof, daar wel op 19.11.1680 ‘n kind, Christoffel, gedoop is.  Sy ouers word as Johan Smits en Lucretia van Senne aangegee]. Hiermee word die loop van die tweede gebod tydelik gestaak. 

Volgens verdere aantekeninge van 22.12.1681 in dieselfde kantlyn, gee ‘n tiepe “huwelikshof” finale bevestiging dat Lucretia van Santen reeds vroeër afstand van haar “pretensie” (voornemens) om die huwelik teen te staan gedoen het, en dat die gebooie weer vanaf 27.12.1861 kan loop.  ‘n Derde en laaste nota lui: “Attestatie gegeven op Schipluiden den 4 januarij 1681” [sic].  Hierdie datum is ooglopend verkeerd, en moes 4 Januarie 1682 gelees het.  (Om ‘n werklike troudatum uit hierdie gegewens te verkry is byna onmoontlik, maar indien ons na die datum van “attestatie” kyk, kan ons spekuleer  dat hulle moontlik op 4 Januarie 1682 kon getrou het, maar moontlik ook in die dae wat daarop gevolg het).  Richard Ball is besig met verdere navorsing aangaande Jan en Adriana se troudatum.   

Ons stamvader Jan Smit en ons stammoeder Adriana Tol se eersteling, Joannis [Johannes], is volgens die “Delft Nieuwe Kerk Doopboeken 1616 – 1811” op 10.01.1683 gedoop.  Die drie getuies by die doop was volgens die Doopboeken Adriaan van der Piet, Elijsabet Tols en Wilmpie Pinerdas.  (Dit is volgens aanduidings waarskynlik hierdie Joannis, wat later op 30.09.1711 in Stellenbosch met ene Eva Zaaijman getrou het.  Oënskynlik het hulle geen kinders gehad nie en Joannis sterf in Julie 1714, want die rekening wat vir sy doodskis uitgereik is,  is 19.07.1714 gedateer).

Die presiese datum van Jan Smit en Adriana Tol se aankoms aan die Kaap is nie bekend nie.  Ongelukkig kom die huwelikspaar se name nie op enige skeepslyste wat aan my bekend is voor nie, en weet ons dus selfs nie of hulle noodwendig gesamentlik hier aan die Kaap geland het nie.  Die datum ca1688 word wel algemeen aanvaar, uitsluitlik omdat ‘n seun, ook ‘n Christoffel, op 09.05.1688 in die Kaap deur Jan Smit ten doop gebring is.  Aangesien Adriana Tol se naam nie op die doopsregister verskyn nie, kan ons dus ook nie sondermeer aanvaar dat sy wel reeds aan die Kaap was nie.  Daar kan wel ander verklarende redes vir die afwesigheid van haar naam wees.  Die getuies by die doop was Roeloff Pasman en Sophia Schalksd. [Schalk se dogter].

(Hieruit kan afgelei word dat indien hulle wel gesamentlik in 1688 aan die Kaap geland het, Adriana reeds tydens die seereis swanger was.  Christoffel se inskrywing in die doopregister van die kerk is sover bekend die eerste onweerlegbare vermelding, spesifiek van Jan Smit, aan die Kaap in 1688 – nie vroeër nie). 

 

 

Hoewel daar oënskynlik nog sekere onduidelikhede rondom die kinders van Jan Smit  x  Adriana Tol bestaan, volstaan ons terwille van hierdie uitgebreide stamregister by die feitelike aanname dat hulle die volgende kinders gehad het:

 

1.      Joannis [Johannes], gedoop 10.01.1683, Nieuwe Kerk, Delft.  Oorlede Julie 1714  x  30.09.1711 Stellenbosch met Eva Zaaijman (??).

2.      Christoffel *1688, gedoop op 09.05.1688 in die Kaap. Sy moeder se naam verskyn nie op die doopregister nie.  Later boer op die plaas Sútrij of Lútrij, Stellenbosch  x  09.02.1721 Stellenbosch met Catrijn la Fébre.  (Dit is interessant dat Christoffel eers byna ses jaar na Joannis gebore is, en ‘n mens wonder onwillekeurig of daar nie moontlik ander kinders ook was nie.  Dit is opmerklik dat die kinders mekaar na Christoffel se geboorte vinnig opgevolg het).

3.      Jacobus Smit *1689, gedoop Stellenbosch op 16.10.1689.    Hier word daar wel op die doopregister genoem dat sy moeder Adriana Tol was.  Een van die getuies was Pijter van der Bijl.  Jacobus, latere boer op Uylekraal, Swartland  x  03.03.1709 Kaapstad met Elisabeth Slabbert ~15.04.1691, oorlede 1771.  Die egpaar se een dogter, Adriana Smit *02.07.1724, word na haar ouma vernoem.  Hulle jongste seun was bekend as Alewijn Smit Jacobuszoon ~04.07.1734, oorlede 25.01.1787 x Oktober 1756 Engela Helena van Niekerk *1738, en oorlede in die jaar 1820.  (Elisabeth Slabbert was die dogter van: Floris Slabbert ~07.10.1656, seun van Maerten Adriaansen Slabbert en Janneken Lormye  x  Huijbregtje Jaspers).

4.      Hulsie (Hilletjie) Smit, gedoop op 01.04.1691 in die Kaap en sterf ca 1761  x             24.10.1705 Matthys Andries de Beer.  Hy sterf ca 1730, redelik kort na hul tiende en laaste kind, Johannes George, gedoop is.  Sy hertrou in 1754 met Jan Georg Zorn.

5.      Francois (1693 – ca1758)  x  19.11.1719 Drakenstein met Maria van Staden, oorlede ca 1785.

6.      Alewijn Smit (1695 – 1774), gedoop op 28.09.1695 in die Kaap.  Hy boer op Zo Voorbij, Vierentwintigrivieren. (Hy staan ook as Alewijn “de Oude” bekend om sodoende verwarring met sy seun, ook ‘n Alewijn [Alewijn Smit Alewijnz] uit te skakel)  x  25.12.1718 Hester Bekker ~05.09.1700, oorlede op 11.01.1778.  (Hester was die dogter van Pieter Bekker *1673 x Jeanne [Johanna] de Klerk, weduwee van Andrè [Andries] Gouws).                                                   

(Interessantheidshalwe:  Aangesien Pieter Bekker slegs enkele weke na Andries Gouws se dood met Johanna de Klerk getroud is, het die mense beweer dat hy vir Gouws vermoor het.  Bekker, skynbaar ‘n dranksugtige, word op 10.11.1701 na Mauritius verban nadat hy op 01.11.1701 tydens ‘n parade op Stellenbosch luidkeels vir kornet Jan Stevensz Botma (waarskynlik die man wat reeds in 1652 na die Kaap gekom het en ook die eerste boer was wat hom in Desember 1679 op Van der Stels Bosch – later Stellenbosch – gevestig het) laat verstaan het dat hy nie diensplig gaan doen nie.  Hierop het kaptein Olof Bergh (waarskynlik die vermoënde Olof Bergh x Anna de Koningh, o.a. die eienaar van die plaas De Kuilen) kom ‘n paar houe met ‘n rottang toegedien, maar Bekker het heeltemal sy kop verloor en wild begin skiet.  Op 10.11.1701 word hy verhoor, maar voordat die owerhede vir Bekker op ‘n skip na Mauritius kon sit, vlug hy die binneland in.  Waarskynlik het die owerhede nie veel moeite gedoen om hom te vang nie, want in die jare daarna verwek hy verskeie kinders by Johanna de Klerk.

            In 1710 word hy weer eens gearresteer vir die wrede mishandeling van sy slavin, Maria van Ceylon.  As straf kry hy vier jaar hardepad en word hy na Europa verban.  Of hy sy vonnis daar uitgedien het en of hy ontsnap het, weet ons nie, maar hy sluit later by die V.O.C. aan en in 1717 is hy weer terug aan die Kaap.  Sy vryheid sou nie lank duur nie, want hy word in hegtenis geneem en na Robbeneiland gestuur).   

   

Hierna neem die lewe van Adriana ‘n uiters tragiese wending.  Jan Smit ry te perd en raak op 1 Oktober 1696 in ‘n woordewisseling (toevallig agter die huis of skuur van Steven Jansz Botma 1618 – 1700) oor die manier waarop hy sy perd behandel, met Jacob Cloete (~03.1.1675, en getroud met Francina Viljoen) betrokke.  Die argument ontaard in ‘n fisiese bakleiery en die woedende Jan Smit ruk ‘n degen [kort steekwapen] uit.  Cloete trek sy eie degen, maar dit word van hom weggeneem deur Jan Harmensz Smit, seun van Harmen Jansz Smit.  Jan Harmensz beveel toe vir Cloete aan dat hy liewer ‘n stuk hout moet gebruik om Jan Smit mee neer te vel.  Daarna maak Jan Harmensz ‘n gewraakte stelling wat min of meer lui: “Dit kan nie geduld word dat ‘n [gebore] Kaapse kind (Cloete) voor ‘n kêrel (Jan Smit) van die vaderland (Holland) swig nie”.  Hierop slaan Jacob Cloete met een hou vir Smit met ‘n stuk hout plat, slaan hom onmiddellik daarna behoorlik met die vuiste en skop hom ten slotte [waarskynlik herhaaldelik] teen die borskas, terwyl hy skree: “Lê daar, jou hond!” 

Gedurende die volgende paar dae ly Jan Smit aan ‘n aanhoudende pyn in sy borskas en hy sterf uiteindelik aan sy beserings.  Ons weet nie presies op watter dag hy oorlede is nie, maar op 6 Oktober lewer lede van die Stellenbosch Heemraad, by monde van regter Mattijs Greef, ‘n verslag oor hulle bevindings van Jan Smit se lyksondersoek.  Die verklaring word deur Jan Pitersen op skrif gestel  (Ons kan dus aanvaar dat hy iewers tussen 1 en 6 Oktober 1696 oorlede is, maar weens die gebrek aan verkoelingsgeriewe en die feit dat die Kaapse somer reeds aangebreek het, heel moontlik op 5 of 6 Oktober).  Greef verklaar dat hulle geen uiterlike letsels kon vind wat tot die dood van Jan Smit aanleiding kon gee nie.  Voorts kon hulle ook nie bepaal of die pyn waaroor Smit gekla het, deur die skop van ‘n perd [Jan Smit s’n] of  “ande[r]s” [op ‘n ander manier / andersins] veroorsaak is nie.

Na haar man se dood versprei die weduwee, Adriana Tol, die woord dat Jacob Cloete haar van haar man ontneem het.  (Sy kon waarskynlik nie die feit aanvaar dat Cloete skotvry daarvan afgekom het nie).  Die Cloete-ouers (Jacob Cloete van Keulen, wat in 1652 aan die Kaap arriveer het x Fytjie (Sophia) Raderootjes van Uts in die land van Keulen) het nie met haar gerugte verlief geneem nie, en eindelik is Adriana agt maande later op 6 Junie 1697 voor die hof gedaag.  In ‘n verklaring erken sy onder andere dat die Cloetes “eersame en deugsame” mense is, en gee sy die onderneming om nooit weer sulke kwade gerugte te versprei nie.  Sy het volgens die verklaring self aanvaar dat Jacob Cloete nie vir haar man se dood verantwoordelik gehou kan word nie.  (Of die volle waarheid dus geseëvier het, en hoeveel druk daar moontlik op Adriana toegepas is, sal ons nooit met sekerheid weet nie.  Feit is dat Adriana Smit – ‘n weduwee met ses kinders – aanvanklik nie die nodige gemoedsrus aangaande die omstandighede rondom haar man se dood kon vind nie).

Die droefheid van die familie eindig nie hier nie, want ongeveer drie jaar later raak die weduwee, Adriana, as ‘n ongehude vrou swanger.  ‘n Dogtertjie, Johanna, word op 20 Junie 1700 in die kerk op Stellenbosch ten doop gebring.  Die naam van die vader word nie in die doopregister ingevul nie.  (Dit kan blote nalatigheid aan die kant van die persoon wat die doopregister ingevul het wees, maar moontlik was Adriana onwillig om die naam van die vader bekend te maak.  Of sy toe reeds met Adriaan Kuiper – haar latere tweede man – ‘n verhouding gehad het, sal ons maar net kan raai). 

Voorts is die name van die twee getuies, ene Joggum sa sachs en Martha le Febre, heel waarskynlik die dogter van Pierre le Febre en Marie de Gravé, in die doopregister ingeskryf.  (Martha le Febre was die eerste kind van Hugenote-ouers wat aan die Kaap gebore is en die tweede vrou van Jacques Pinard, stamvader van die Pienaars).  Die hele doopinskrywing is in die onderste regterhoek van die bladsy ingedruk.  Waarskynlik as gevolg hiervan, word die moontlike tweede naam van Joggum slegs as sa geskryf.  (‘n Ander moontlikheid is dat dit slegs ‘n eerste poging was om die van sachs te skryf).  Joggum [Joachim] kon dus moontlik die tweede naam Salomon, Sacharias, Samuel of enige ander derglike tweede naam wat met die letters sa [Sa?] begin het, gehad het.  Die kombinasie Joachim Salomon kom redelik dikwels in Duitsland en ander lande voor, en hoewel daar nie spesifiek na ‘n Joachim Salomon Sachs onder die vroeë Duitse immigrante na die Kaap verwys word nie, was daar wel ‘n Joachim Sachs wat later in 1705 gedeporteer is, onder hulle.  Was hierdie Joachim Sachs *ca1660 en getroud met Susanna Holswig moontlik die getuie?  Dit moet in gedagte gehou word dat die oorgrote meerderheid van mense twee of meer voorname gehad het.  Hopelik sal toekomstige navorsing die werklike betekenis van die “sa” kan opklaar.       

Dit is nie bekend of Johanna haar moeder (Adriana) se van, Tol, of wel haar vader se van, Smit, gedra het nie.  Ons kan hier nie van Adriana se nooiensvan praat nie, want in daardie tyd het die vrouens nog nie die mans se vanne aangeneem nie.  Voorts is daar onsekerheid, maar ook sterk twyfel of Johanna wel lank gelewe het, want tot en met Adriana se hertroue, en daarna, word daar geen verdere melding van Johanna in enige ander ou dokumente aan die Kaap gemaak nie.

Adriana se probleme het nie met die geboorte en doop van haar kind, Johanna,  tot ‘n einde gekom nie.  Nege dae na die kind se doop op 29 Junie 1700, word sy ná ‘n vergadering van die Kerk in Stellenbosch onder kerklike tug geplaas.  Sy word van haar regte ontneem om vir ‘n jaar lank enige kerkdienste by te woon.  Die Kerk het haar ernstig versoek om ‘n “beter lewe” te lei (wat dit ook al mag beteken het).  Bewyse bestaan dat haar tug op 28 Maart 1701 nog nie uitgedien of herroep was nie, maar ongelukkig het alle kerkdokumente wat verdere lig op die saak kon werp, verlore geraak.

            (Of dit ‘n vroeëre “toesmeer” van gebeure, of bloot net gebrekkige navorsing was, weet ons nie.  Maar navorsing van die verlede beweer foutiewelik dat Jan Smit eers in 1704 oorlede is en dat die weduwee, Adriana, op 11.01.1705 met Andries Cuijper [Kuyper/Kuiper] – ‘n skeepsskrynwerker van Stettin, in Nederland – op Stellenbosch getrou het).  Dit is wel ‘n feit dat hulle geen kinders gehad het nie en dat hulle gedurende Junie van 1705 in die omgewing van die huidige Jonkershoek gewoon het.  Volgens alle aanduidings is Andries Cuyper waarskynlik reeds voor die jaar 1722 oorlede. 

Die vroeëre bewese gebeure rondom die dood van Jan Smit, die kerklike tug van Adriana, en die geboorte van Johanna, weerlê natuurlik geheel en al hierdie ander en meer “sagte” weergawe van die weduwee Adriana Smit se lewe na Jan Smit se tragiese en ontydige dood tussen 1 en 6 Oktober 1696 – [waarskynlik 5 of 6 Oktober]).

Die weduwee, Adriana Kuyper, sterf waarskynlik ‘n geruime tyd later as 1722, maar geen presiese datum kon tot dusver aan haar dood gekoppel word nie.

 

(Ek wil dit beklemtoon dat bogenoemde inligting slegs ‘n klein gedeelte van Richard Ball se navorsing  behels.  Hy het reeds heelwat van die inligting, wat hy met groot moeite en teen hoë kostes versamel het, op die internet beskikbaar gestel.  Ek weet ook dat hy nog verdere inligting, wat tans nog onverwerk is, mettertyd op sy webtuistes beskikbaar sal stel.  Ons sien almal daarna uit om dit te lees en wens hom – wat geen moeite met sy navorsing ontsien nie – alle  voorspoed daarmee toe)   

 

 

‘N SAMEVATTING VAN MY MANLIKE EN VROULIKE STAMLYNE

(Ek het hierdie uiteensetting gevolg om aan te dui waar en wanneer ‘n Smit met ‘n Smit getrou het)

 

(Die ouers van ons stamouers in Nederland)

Hans Smidt *1625 x Alewijnsz Jacob Tol *ca1600 xx Anna Schouermans (ONBEVESTIG!!!)

                          Elisabeth van der Piet *1626

(Stamouers in Suid-Afrika)

        Jan Smit *ca 1662   x   Adriana Tol *1649

                             ¯         

          Alewijn Smit *1695   x    Hester Bekker *1700

                                             ¯

Alewijn Smit *1736 x                ¬ Broers ®               Andries Adriaan Smit *1742 x

Maria Jacoba du Preez *1743                                      Anna Maria Bothma *1745

                        ¯                                                                           ¯

Hercules Philippus Smit *1763 x      ¬ Neefs ®           Andries Adriaan Smit *1769 x

Gertruida Klopper *??                                                  Johanna Aletta Lubbe *1779

                        ¯                                                                            ¯

Alewijn Petrus Smit *1790 x         ¬Kleinneefs ®        Willem Stephanus Smit *1804 x

Cornelia de Wit *1794                                     Johanna Aletta Viljoen *1805

                        ¯                                                                             ¯

Pieter Hendrik Smit *1820 x    Agter Kleinneefs→     Willem Stephanus Smit *ca 1830 x

Johanna Sophia Marais *1812?                                    Josina Elizabeth Jones *1833

                        ¯                                                                             ¯

 Alewijn Petrus Jacobus Smit *1844         x        Josina Elizabeth (Dorothea?) Smit *1852

¯

Alwyn Petrus Smit *1876  x  Gertruida de Wet *1877

¯

Alwyn Petrus Smit *1907  x  Marguerite Irene de Jager *1917

¯

Alwyn Petrus Smit *1948  x  Catharina Maria Cillié *1949

¯

Alwyn Petrus Smit *1975  x  Karin Blom *1975

¯

Alwyn Petrus Smit *2000  x  …….??……….

 

   

DIE EERSTE GESLAG

(Gesamentlike voorgeslag van die latere Alewijn Petrus Johannes Smit *1844 en Josina Elizabeth Dorothea Smit *1857)

 

  Alewijn Smit (“de oude”), ~28.09.1695 in Stellenbosch.  Oorlede 1774 in die Land van Waveren  x  25.12.1718 Paarl, met Hester Bekker ~05.09.1700 in Stellenbosch, en oorlede 11.01.1778. – (In die “Doodsrolle (1758 – 1833)” van die Kaapse Argiefbewaarplek is die volgende inskrywing op 11 Januarie 1778 gemaak: “Hester Bekker, huisvrou van A. Smith.”  Sy is dus beslis nie, soos sommige mense wil beweer, op 30.04.1755 oorlede nie. Bron: Richard Ball).   Terloops, Hester was die dogter van Pieter Bekker *1673 in Konigdberg, en Johanna de Cleco [de Clecq/de Klerk] *1676. 

 

1.   Helena Smit, ~26.04.1722  x  10.09.1741 Barend Burger (seun van Willem Burger x Elsie van der Merwe).  Barend en Helena het ‘n seun met die naam Alewijn Petrus Burger gehad, voorname wat vandag nog algemeen onder die families Burger voorkom. 

                                    xx  Barthlomeus van der Vyver op 16.08.1772.

2.      Hester Smit, ~31.10.1723 Drakenstein  x  16.09.1742  Schalk Willem Burger, ~20.10.1720. 

3.      Johanna Adriana Smit, ~19.08.1725 Drakenstein  x  Adriaan Lubbe

xx  15.07.1759 Schalk Willem van der Merwe.

4.      Petronella Smit, ~23.11.1727 Drakenstein  x  09.11.1746 Johannes Kruger ~13.12.1722 aan Kaap, oorlede voor 1779  xx  Sondag 02.02.1783 Johan Heinrich Backemeyer (Bakemeijer).

5.    Dorothea Maria Smit, ~08.04.1730 Drakenstein.  Sy leef nog in Mei  1797  x  Vrydag 15.01.1745 [03.04.1746 volgens Vorster genealogie?] Barend Vo(r)ster, oorlede tussen Mei 1793 en voor 29.05.1794.  Hy het waarskynlik oorspronklik vir Alewijn “de Oude” gewerk, maar later sy eie grond gehuur en besit.  Uit hierdie huwelik sou dertien kinders gebore word, van wie twaalf getrou het.  Hier het die naam, Alewyn/Alwyn, tot vandag toe sy beslag en gebruik by verskeie families Vo(r)ster in Suid-Afrika gekry. (Bron:  Inligting gedeeltelik verkry uit Vorster Genealogie)

6.   Johan Peter Smit, ~05.07.1733 Drakenstein.  Op die oorspronklike      doopregister staan die tweede naam wel as Peter geskryf, en nie Pieter nie.  [Of die bedoeling Pieter was, weet ons nie]  Sy ouers word as Alewijn Smidt [Smit] en Hester Bekker aangegee.  Die getuies was Pieter Bekker en Elsie van der Merwe. (Bron: Richard Ball)

7.      Alewijn Smit, ~08.04.1736 Drakenstein. Oorlede ca Oktober 1790   x  Maria Jacoba du Preez (~13.04.1743 – ca1791).  Hulle word op 28.07.1760 deur ds. Remerus Harders in die huwelik bevestig. 

8.      Johannes Petrus Smit ~02.02.1738 aan Kaap  x  Kaapstad 07.09.1760 Magdalena Bothma *1740  xx  Elizabeth Gouws *1742. 

9.      Jacobus Smit ~25.12.1740

10.  Andries Adriaan ~23.12.1742 in Drakenstein  x  30.04.1769  Anna Maria Bothma *1745.  Sy sterf 14.09.1794.

11.  Johanna Smit ~03.01.1745 op Tulbagh. (Ongetroud of vroeg dood?)

12.  Stephanus Christianus (Christiaan?) Smit ~05.10.1749 op Tulbagh  x Kaapstad 24.02.1771 Elsie Sophia Burger.

 

xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

 

TWEEDE GESLAG: MANLIKE STAMLYN

 

Alewijn  Smit *04.02.1736, ~08.04.1736, burger van Stellenbosch.  Sterf circa Oktober 1790  x  28.07.1760 Maria Jacoba du Preez, ~13.04.1743, oorlede 27.07.1791.  (Dogter van Hercules du Preez  x  01.10.1740 Johanna de Maker, oorlede 1789.  Johanna de Maker was die dogter van Mattheus de Maker x Jeanne de Clecq). 

 

Kinders:           1.  Hester Helena Smit *18.04.1761, ~24.05.1761  x  03.04.1779 Dirk

                             Johannes Marx,  xx  Jacobus Meijer (Meyer).

                        2.  Hercules Philippus Smit *28.09.1763, ~18.10.1763  x  02.12.1787

                             Gertruida Klopper(s).

3.      Johanna Maria Smit *14.06.1766, ~14.09.1766, en volgens ‘n latere inskrywing in die Meijer Familie-bybel, oorlede op 03.04.1770.

4.      Alewijn Johannes Smit *04.01.1769, ~19.03.1769  x  25.09.1803 Susanna Geertruij Gildenhuizen.

5.      ‘n Seun, naam onbekend *03.03.1771, oorlede 03.05.1771.

6.      Johanna Hendrina Smit *18.04.1772, ~15.08.1772  x  Roelof Hendrik Klopper. 

7.      Jacoba Dorothea Smit *27.05.1774, ~13.11.1774  x  Nicolaas Meijer.

8.      Bartholomina Pieternella [Petronella] Smit *02.06.1776, ~12.10.1776, jonk oorlede op 07.06.1780.

9.      Cicilia Elizabeth Smit *06.09.1778, ~19.02.1779.

10.  Schalk Stevanus [Stephanus] Smit *01.09.1780, ~14.09.1780.  (In die Meijer Familie-bybel staan slegs dat Schalk op 01.09.1780 gebore is en op die 14de gedoop is – waarskynlik bedoelend 14 September 1780. [Dit is egter ‘n bietjie vreemd dat die baba so jonk – in vergelyking met sy ander broers en susters – gedoop is.  ‘n Mens wonder of dit om praktiese redes was, en of klein Schalk dalk swak en sieklik was en sy ouers hom graag so gou as moontlik wou laat doop het?].  Met die afhandeling van sy ouers se boedel in 1790 word sy naam nie genoem nie en was hy dus waarskynlik reeds oorlede.

(Bogenoemde inligting kom hoofsaaklik uit die Meijer Familie-bybel en verwerkte inligting van Richard Ball)

 

xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

 

TWEEDE GESLAG:  VROULIKE STAMLYN

 

Andries Adriaan Smit, ~23.12.1742  x  30.04.1769 Anna Maria Bothma *1745. Sy sterf 14.09.1794, op die troudag van haar seun, Andries Adriaan, met Johanna Aletta Lubbe.  Dit is nege jaar na haar laaste kind se geboorte.  [Het haar hart ingegee as gevolg van spanning rondom haar seun se troue of was sy reeds sieklik?]

 

Kinders:          1.   Andries Adriaan ~19.11.1769  x  14.09.1794 Johanna Aletta Lubbe

                                       *1779 en oorlede 28.06.1851.

2.      Hester Christina Smit ~30.08.1772  x  Johan Hendrik Bischoff  xx     

Conrad Christiaan Wunder, van Kopenhagen.

3.      Johannes Stephanus Smit ~22.04.1775  x  02.05.1802 Reyntjie Maria Fourie.  Kind:  Anna Maria ~12.05.1805  x  Jan Christiaan Waldeck.         

4.      Alewijn Jacobus Smit ~10.05.1778.  (Moontlik vroeg oorlede, en om die hartseer te verlig, kry die volgende kind dieselfde naam.  Dit was ‘n redelike algemene gebruik – A.P.Smit *1948).

5.      Alewijn Jacobus Smit ~13.02.1780  x  Jacoba Margaretha Geel.  Kind: Andries Adriaan ~ 07.12.1806

6.      Anna Maria Smit ~18.12.1782  x  George Frederik Enslin.  (Sien Enslins onder Vierde sowel as Vyfde Geslag Vroulike Stamlyn)

7.      Stephanus Francois Smit ~16.10.1785  x  Maria Sophia Magdalena Liebenberg.

 

xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

 

DERDE GESLAG: MANLIKE STAMLYN

 

Hercules Philippus Smit *28.09.1763, ~18.10.1763, burger van Swellendam  x  02.12.1787 Gertruida Klopper ~04.12.1763, dogter van Johannes Klopper en Gertruida Roelofs.

 

            Kinders:  1.   Alewijn Petrus Smit ~28.11.1790  x  Cornelia de Wit.

   2.   Johannes Jacobus Smit ~30.09.1792  x  Anna Elizabeth Marais.

                                 Kind:  Johanna Sophia Smit ~15.09.1811.

3.      Gertruida Smit ~19.10.1794  x  Daniël Jacobus Bruere [Bruwer]

4.      Jacoba Dorothea Smit ~07.05.1797.

(Hier kom die naam Cornelia (de Wit) die eerste keer voor.  Die tweede keer as Cornelia Ebersöhn (sien Vyfde Geslag: Vroulike stamlyn) en die derde keer in die Sewende geslag nl. Cornelia Smit – my vader se enigste suster wat jonk oorlede is)

 

xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

 

DERDE GESLAG: VROULIKE STAMLYN

 

Andries Adriaan Smit ~19.11.1769  x  Graaff-Reinet 14.09.1794 Johanna Aletta Lubbe *1779  (Dit is tragies dat haar moeder op hierdie troudag oorlede is).  Johanna Aletta, ‘n suster van Leonora Elizabeth Lubbe *19.01.1777, sterf op 28.06.1851 op die plaas Schoonbeeksfontein.  Sy was die dogter van William Lubbe  x  Elizabeth Gertruida van der Merwe, oorlede 14.09.1794.  (Die plaas Schoonbeeksfontein in die distrik Middelburg is etlike jare terug met die buurplaas, Braemer,  gekonsolideer en heet tans Geluk).

 

Kinders:           1.   Elizabeth Gertruij [Gertruida] Smit ~21.02.1796

                        2.   Andries Adriaan Smit ~01.07.1798

3.      Anna Maria Smit ~11.09.1800

4.      Willem Stephanus Smit ~13.05.1804 op Graaff-Reinet.  Oorlede 14.08.1860  x  Johanna Aletta Viljoen ~10.11.1805, †10.09.1889. Troudatum: 1825.  [Aangesien Stefanus eintlik ‘n foutiewe spelvorm is, gebruik ek deurgaans Stephanus.  Ook Gertruida i.p.v. Geertruida]

5.      Carel Hercules Jacobus Smit ~29.05.1808

 

             xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

 

VIERDE GESLAG: MANLIKE STAMLYN

 

Alewijn Petrus Smit *08.09.1790, ~28.11.1790  x  Tulbagh 04.09.1813 Cornelia de Wit *06.04.1794, ~30.11.1794.  (Sy is die dogter van Pieter Hendrik de Wit *10.11.1765 en Magdalena Christina Klopper *12.11.1768).

 

1.           Maria Margaretha Elizabeth Smit *21.03.1811, ~Tulbagh 12.01.1812

2.           Hercules Philippus Smit *09.07.1814, ~Tulbagh 18.12.1814 x Worcester 10.03.1833 Aletta Petronella Johanna Gildenhuys.

3.           Magdalena Christina Jacoba Smit *22.02.1816, ~Tulbagh 13.04.1816 x Worcester 13.01.1833 Daniel Johannes le Roux. 

4.           Gertruida Jacoba Maria Smit *11.07.1818, ~04.10.1818  x  25.07.1839 Josias Christiaan Erasmus *01.08.1813, ~ Caledon op 17.10.1814, seun van Rasmus Daniël Erasmus * 01.08.1779 en Sophia Maria de Kock *09.09.1781.

5.           Pieter Hendrik Smit ~05.11.1820  x  Johanna Sophia Marais *Distrik Robertson 30.05.1812, ~07.05.1833 Middelburg, Kaap

6.           Alewyn Petrus Smit *ca1823, oorlede 20.05.1844 x Anna Elizabeth Marais

7.           Johannes Jacobus *30.09.1825, ~ Worcester 18.10.1825, oorlede 21.07.1874 x Magdalena Susanna Marais

8.           Cornelia (Neeltjie) Johanna Etresia Smit *13.03.1828, ~ Worcester 27.03.1828 en oorlede en begrawe op Robertson 11.08.1908 x Marais  (Haar beskadigde grafsteen is in die Robertson begraafplaas regoor die kindergraf van Alwyn Petrus Smit *07.08.1906 en oorlede 29.01.1907.  Sien later).

 

xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

 

VIERDE GESLAG: VROULIKE STAMLYN

 

Willem Stephanus Smit ~13.05.1804, burger van Graaff-Reinet.  Oorlede 14.08.1860 op die plaas Schoonbeeksfontein, distrik Middelburg (Sterfkennis:  MOOC 6/9/91, No. 8025) x  Johanna Aletta Viljoen ~10.11.1805 op Middelburg, KP. Oorlede 10.09.1889 op Schoonbeeksfontein, distrik Middelburg. (Sterfkennis MOOC 6/9/272, No. 1739).  Johanna was ‘n dogter van Frederick Jacobus Viljoen en Leonora Elizabeth Lubbe *19.01.1777).

 

Kinders:  1. Andries Adriaan Smit *02.07.1822, ~04.08.1822 op Graaff-Reinet deur     Ds. J. Pienaar  x  Regina Catharina van Bratt *23.10.1822, ~10.11.1822 op Graaff-Reinet.  (Sy is die dogter van Andries Gustavus van Bratt x Regina Catharina Muller)  xx  03.07.1854 Hester Jacoba Botha, weduwee van Josua Joubert. --  Kinders uit 1ste huwelik: (a) Regina Catharina Smit x Thomas Perry Enslin *09.03.1844, ~31.03.1844 op Graaff-Reinet (seun van Johan Martin Enslin *21.09.1874, ~22.11.1874 op Middelburg, Kaap) x Regina Catharina Theodora Perry. Johan Martin se broer was waarskynlik Andries Adriaan Enslin *15.01.1877, ~18.02.1877 op Middelburg, Kaap)  (b)  Johanna Aletta *18.04.1849 x 29.05.1871 Middelburg met Abraham Jacobus Beyleveld *1847 (Seun van Gert Petrus Johannes Beyleveld *12.08.1817 x Catharina Johanna Helena Esbach *06.06.1824).  (Bron: Janet Melville)

      2.  Frederik Jacobus Smit *11.01.1824, ~22.02.1824.  Jonk oorlede.  Hy kry sy oupa Frederik Jacobus Viljoen se name.  

      3.   Johanna Aletta *24.09.1825, ~02.10.1825 Graaff-Reinet, oorlede op  

Middelburg Kaap, op 17.12.1881 x  02.06.1844 Cradock met Wilhelmus   Hermanus Brümmer *07.08.1817, ~Graaff-Reinet 19.09.1817.  (Seun van Johann Wichard Brümmer x Anna Cornelia Schoonbee/Schoombee)                  (Bron: Janet Melville)

        4.  Leonora Elizabeth  Gertruida Smit *06.03.1827, ~16.04.1827.  Leonora kry haar ouma Leonora Elizabeth Lubbe *19.01.1777 se name, maar op die sterfkennis van haar ouers is haar voorname verkeerdelik omgekeerd geskryf – (Bron: Ella Fouché)

  5.  Willem Stephanus Smit *28.10.1828, ~26.12.1828, oorlede vroeg in 1874 x 20.05.1851 Josina Elizabeth Jones *04.01.1833,  oorlede 11.06.1862.          

xx  Margaretha Helena Venter.  Willem Stephanus Smit en Margaretha Helena Venter trou op 18.05.1863 en word deur ds. Wilhelm Murray in die huwelik bevestig.  Getuies:  C.P. du Plessis en J.A. Enslin. – ‘n Dogter, Anna Susanna Jacoba *10.02.1874, ~26.07.1874, word kort na Willem se dood in 1874, uit hierdie tweede huwelik gebore. Getuies by doop: Schalk Jacobus van der Merwe en Anna Susanna Jacoba Smit *25.11.1840  (Sien onder).  Willem Stephanus *1828 was Elizabeth (Ella) Maria Smit (Fouché) *1934 se oupagrootjie. (Sien ook 5de geslag vroulike stamlyn aangaande haar oupa George Jones Smit) – (Bron: Ella Fouché) 

6.         Johannes Stephanus Smit *21.03.1833, ~05.05.1833.  Voor sy moeder oorlede.  Hy het wel kinders nagelaat. (Bron: Ella Fouché).   

7.             Henning Jeremias Francois Smit *10.03.1835, ~24.05.1835, oorlede op 03.02.1893 in sy huis Philipstown  x  Elizabeth Margaretha Jones *1838, ~11.02.1838. (Sy was ‘n jonger suster van Josina Elizabeth Jones *04.01.1833). (Interessantheidshalwe: Die vier getuies by Henning Jeremias Francois Smit se doop:- Henning Jeremias Lubbe,  Elizabeth Pringle, Francois Paul Naudé *21.05.1803 Worcester, oorlede 06.01.1881, Middelvlei, Bethlehem (seun van Jacob Naudé *03.09.1745, oorlede 06.01.1818 x Martha Retief), en sy vrou, Aletta Catharina Bruwer *26.09.1803, ~06.11.1803 Tulbagh.  Aletta is ook op Middelvlei oorlede en was die dogter van Schalk Willem Bruwer x Susanna Helena van der Merwe.  Henning Jeremias Francois Smit *1835, is op 18.08.1852 in Graaff-Reinet se kerk aangeneem.  (Bron:  Ella Fouché en Naudé-webtuiste)

8.         Anna Susanna Jacoba Smit *25.11.1840, ~25.12.1840.  Getuies by doop:

G.J. Smit, Barend Jacobus Burger en Susanna Viljoen.  Anna Susanna Jacoba is op 31.05.1858 in Graaff-Reinet se kerk aangeneem.   Oorlede 30.10.1886 op Rhenosterfontein, distrik Marico, en ook daar begrawe x Schalk Jacobus van der Merwe *01.03.1840, ~06.04.1840 op Graaff-Reinet deur ds. A. Murray.  Oorlede 14.06.1926 in sy woonhuis op Rhenosterfontein, distrik Marico, en ook daar begrawe. (Bron: Janet Melville en Ella Fouché)

9.         Adriana Wilhelmina Smit *03.01.1842, ~25.09.1842.  Vroeg oorlede?

               (Bron:  Doopregister Graaff-Reinet Kerk: 1837 – 1843, p. 209)

10.       Jan Hendrik Smit *15.01.1845, ~07.04.1845.  In Graaff-Reinet NG. Kerk aangeneem op 05.07.1861 in die ouderdom van 17jaar.  Hy is op 12.08.1916 oorlede.  (Bron: Ella Fouché en Janet Melville)

11.       Frederik Viljoen Smit *1848.  In Graaff-Reinet NG. Kerk aangeneem op 06.01.1866 in die ouderdom van 17jr, en oorlede 03.04.1916  x  Margaretha Cornelia Joubert *29.06.1847.  Kinders: (i) Anna Susanna Frederika *31.12.1868, ~31.01.1869 Middelburg KP. x Robert Edward Ashpole *1866 (ii) Johanna Aletta *04.10.1872, ~17.11.1872 Middelburg, Kaap x Wilhelm Philip Stahl *12.07.1869, ~12.09.1869 Middelburg KP.  Sy vader was Johan Stahl.  (iii)  Willem Stephanus *08.12.1875, ~23.01.1876 Middelburg Kaap.  (iv)  Joachim Hendrik *04.09.1878, ~29.09.1878 Middelburg KP. Doopgetuies:  Joachim Hendrik Joubert (sy oupa), Jannetta Bantjies, Hendrik Coetzee en Alida Barendina Coetzee.  (v)  Margaretha Cornelia *29.07.1881, ~02.10.1881 NGK Middelburg, Kaap.  Sy het dus of haar moeder se naam, of vermoedelik haar ouma Joubert se voorname gekry, maar ongelukkig het ek nie haar ouma se besonderhede nie. (vi) Elizabeth Maria *27.10.1883, ~10.12.1883.  (Bron:  Janet Melville)   

(Met Johanna Aletta se dood in 1889 het nog net drie van die kinders gelewe nl. Frederik Viljoen Smit,  Henning Jeremias Francois Smit en Jan Hendrik Smit.  Tien, en nege kinders se name verskyn onderskeidelik op Willem Stephanus en Johanna Aletta se sterfkennisse.  Adriana Wilhelmina (Willemina) se naam verskyn nie daarop nie.  Sy is dus heel waarskynlik vroeg oorlede.   Bron: Ella Fouché.  

Daar word beweer dat daar nog ‘n dogter, Adriana Petronella, was.  Bevestiging hiervan word nog nagevors.  Indien daar wel so ‘n kind was, kon sy moontlik tussen  Henning Jeremias Francois *1835 en Anna Susanna Jacoba *1840 inpas, maar sy moes waarskynlik ook jonk gesterf het – daarom dat haar naam nie op die sterfkennisse verskyn nie.  Dit is ook moontlik dat die latere Adriana Wilhelmina gedeeltelik haar gestorwe ouer sussie se naam, Adriana,  ontvang het.  Enige hulp m.b.t. hierdie Adriana Petronella sal hoog waardeer word)

                       

xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

 

VYFDE GESLAG: MANLIKE STAMLYN

 

Pieter Hendrik Smit ~05.11.1820.  Oorlede Middelburg, KP op 24.09.1898  x  Johanna Sophia Marais *30.05.1812.  (Waarskynlik afkomstig van Robertson of omgewing)

 

Kind:  Alewijn Petrus Jacobus Smit *23.06.1844 op McGregor, oorlede Robertson 08.04.1918  x  Josina Elizabeth (Dorothea?) Smit *28.04.1852, oorlede 11.12.1934 op Robertson.

(Ek kon nog tot op hede nie uitvind of daar enige ander kinders was nie)

 

xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

 

VYFDE GESLAG: VROULIKE STAMLYN

 

Willem Stephanus Smit *28.10.1828, ~26.12.1828 Graaff-Reinet, oorlede 1874  x  20.05.1851 Richmond met Josina Elizabeth Jones *04.01.1833 distrik Swellendam, ~Worcester 31.03.1833.  Oorlede Middelburg, Kaap, op 11.06.1862 – slegs 29jr oud. (Dogter van George Jones *1808  x  1828(?) Josina Elizabeth Marais *01.04.1809, ~01.07.1809 op Tulbagh – doopregister no. 49, p. 178 – en oorlede 09.10.1866).  Josina Elizabeth Marais was die dogter van Petrus Jacobus Maraijs x Sara Dorethea Voesee [waarskynlik later Fouché en nie Fouchee nie].  Getuies by haar doop:  Hermanus Hendrik Voesee, Josina Bekkers, Johannis Stephanus Maraijs en Anna Maria Briel – die spelling is presies soos in die dokument  xx  18.05.1863 Margaretha Helena Venter *1830.  (Dogter van Petrus Albertus Venter *17.09.1814, oorlede Reddersburg op 07.06.1891 x Catharina Elizabeth Naudé).  Margaretha Helena Venter *1830 se broer was Petrus Albertus Venter *11.09.1840, Groot Vlakfontein, distrik Bloemfontein x Heila Johanna Erasmus.  Hierdie tweede huwelik van Willem Stephanus Smit word deur ds. Wilhelm Murray bevestig, en C.P. du Plessis en J.A. Enslin teken as getuies.

 

(Willem Stephanus Smit en Josina Elizabeth Jones trou volgens die kerkregister van die Hervormde Kerk, Richmond, op 20.05.1851. Interessant: sy naam word as Willem Stephanus Smith in die register aangeteken, en die van sy bruid as Josina Elizabeth Joons.  M.a.w. sy van word verengels en haar van word verafrikaans. Hierdie tiepe foute het nogal dikwels voorgekom.  (Dit is wel so dat die van, Joons, op talle ander dokumente voorkom, maar die regte van behoort heel waarskynlik Jones te wees).   Op die huweliksregister word die bruidegom se beroep as ‘n veeboer van Richmond aangeteken.  Voorts word vermeld dat hy meerderjarig is, maar dat die bruid, Josina, minderjarig is.  Die paartjie word deur dominee J.F. Berrange in die eg verbind)

 

Interessantheidshalwe:  George Jones *1808 in distrik Tulbagh, oorlede 09.12.1877 in die ouderdom van 69 jaar in sy woning Middelburg, Kaap, was die seun van Jan Joons [Jones]  x  Elizabeth Kreeling [Onsekerheid oor hierdie van].   Na die dood van sy eerste vrou, Josina Elizabeth Marais, gebore op 01.07.1809, oorlede Middelburg KP. 09.10.1866, hertrou hy met Karrendina [Gerendina?] Helena Gertruida Spies *1821, oorlede Middelburg, KP, 25.08.1870.  Na haar dood trou hy met sy derde vrou, Guurtjie Noome, gebore in Landdam, Holland, oorlede Middelburg, Kaap, op 14.12.1900.  Sy was die dogter van Mijnert Noome en Grietjie Baersina [Boorsma].  (Bron:  Ella Fouché, Zeerust;  MOOC 6/9/418, No 32;  MOOC 6/9/160, No 4787;  MOOC 6/9/133, No 6699; Janet Melville aangaande Boorsma).

 

Kinders uit 1ste huwelik:  1.   Willem Stephanus *19.11.1854, ~N.G. Kerk, Middelburg,

                                                Kaap op 25.12.1854.  Waarskynlik jonk oorlede, en daarom

                                                kry die eerste seun uit die tweede huwelik die naam.

      2.   Josina Elizabeth (Dorethea?) Smit *28.04.1852 x Alewijn               Petrus Jacobus Smit *23.06.1844.  Oorlede 08.04.1918.

                                          3.   George Jones Smit (19.10.1858 – 17.07.1943)  x  Cornelia

Gertruida Ebersöhn  (27.08.1860 – 31.07.1948).  Dogter van Petrus Hermanus Ebersöhn  x  Elsje Maria Jacoba Stapelberg [destyds uitgespreek as Staelberg] *1846.  Bogenoemde George en Cornelia is die oupa en ouma van Elizabeth (Ella) Maria Smit *25.04.1934  x  24.05.1952 Leeudoringstad, Christiaan Jacobus Fouché *22.01.1930, van Zeerust.  Elizabeth (Ella) Maria moes eintlik haar Stapelberg-oumagrootjie se name, Elsje Maria Jacoba, gekry het - want niemand is na haar venoem nie.  Vermoedelik het Ella se vader (Petrus Hermanus Smit *18.03.1882) ‘n fout begaan toe hy haar geboorte registreer het.  ‘n Ander moontlikheid is dat hy haar na Ella du Toit, die verloofde van Willem Stephanus Smit (03.05.1879 – 24.02.1902), die oudste seun van haar (Ella) se oupa George Jones Smit vernoem het.  Hierdie Willem Stephanus Smit *03.05.1879 (nooit getroud nie) is gedurende die ABO in ‘n Bloemfonteinse “Refugee Camp” aan tifuskoors oorlede. [Die sterfdatum word as 24.02.1902 op die sterfkennis aangegee, maar die stempel wat deur J.F. Bennet op die dokument aangebring is -- “Supt. Refugee Camp, Bloemfontein” -- was nog op 15 FEB.1902 ingestel] 

            George Jones Smit *1858 se tweede kind was Petrus Hermanus Smit (18.03.1882 – 20.08.1966)  Gedurende die ABO is hy as krygsgevangene in die tronk op Graaff-Reinet aangehou, toevallig saam met die bekende Gideon Scheepers en generaal Pieter Kritzinger.  Daarna word hy na Sialkote in Wes-Pakistan verban  x  1910 (Heilbron, OVS) Maria Elizabeth Jacomina van Niekerk – ‘n “goewernante” op Jaagpan, distrik Boshof.  In 1912 trek die familie per ossewa van Bainsvlei, Bloemfontein, na die Wes-Transvaal.  Naby Theunissen, distrik Winburg, skenk Maria (uitgespreek Maraaia) op 08.11.1912 “by die wa se voorwiel” geboorte aan haar eerste kind, George Jones Smit. (Hy sterf later op 03.01.1983).  Ouma Nelie (Cornelia Gertruida, gebore Ebersöhn) staan Maria met die geboorte van haar eerste baba by.

              Gedurende haar tweede swangerskap sterf sy op 24.01.1919 tydens die Groot Griep-epidemie en word die sewejarige “Jorsie” verder deur sy Ouma Nelie grootgemaak.

            George Jones Smit *1858 (gebore op die plaas Schlootfontein, distrik Middelburg, tans Springvale) het ook ‘n grootmaakkind gehad. Haar naam was Georgina Cornelia Smit *25.05.1887, ~NGK Middelburg Kaap, 09.10.1887.  Sy was ‘n dogter van een van Cornelia Gertruida Ebersöhn se susters, maar is as baba deur George Jones Smit *1848 en sy vrou aangeneem, en as ‘n Smit gedoop  x  Theodore (Ted) McNee.  Hulle het na die destydse Rhodesië verhuis, waar Ted ‘n kopermyn gehad  het.  (Bron:  Ella Fouché)        

4.       Johanna Aletta Viljoen Smit *01.05.1862, ~N.G. Kerk,    Middelburg, Kaap op 01.06.1862. Oorlede 25.09.1873.  Haar moeder, Josina Elizabeth Jones, sterf met Johanna Aletta se geboorte in 1862, en Johanna self, sou net 11jr oud word.  Johanna Aletta is ná haar moeder se dood as baba deur Henning Jeremias Francois Smit *10.03.1835 en haar moeder se suster, Elizabeth Margaretha Jones *1838, ~11.02.1838 Swellendam (aangeneem Middelburg 13.11.1854, voorgestel Middelburg 24.12.1854) aan huis geneem en verder versorg.  Johanna Aletta sterf op 25.09.1873 in Philipstown in die huis van haar moeder Josina Elizabeth, se ouer suster, Dorothea Elizabeth *15.09.1830, ~Worcester 26.12.1830  x  26.05.1845 Richmond KP met Samuel Gerhardus Vermeulen *1822.  (Bron: Ella Fouché)

 

Kinders uit tweede huwelik:   1.   Willem Stephanus Smit *13.04.1864, ~ N.G. Kerk,

                                                      Middelburg, Kaap, op 15.05.1864.  Oorlede 16.02.1943 

x   21.07.1884 Cornelia Gertruida Ebersöhn *26.12.1866, dogter van Johan Matthys Ebersöhn en  Johanna Sophia Hatting (Hattingh?)

Kinders: (i)  Willem Stephanus Smit *31.05.1885.     (ii)  Johan Matthys Smit *02.11.1886. (iii)  Johanna Susanna Smit *19.06.1888.  (iv)  Margaretha Helena Smit *19.06.1888. [Een van tweeling]  (v)  Petrus Albertus Smit *23.08.1889.  (vi)  Cornelia Gertruida Smit *05.10.1892. (vii)  George Jones Smit *24.07.1894.  (viii)  Hyla Johanna Smit *16.11.1896 (ix)  Elizabeth Catharina Smit *14.12.1898.

Willem Stephanus *1864 was dus die halfbroer van Elizabeth (Ella) Maria Fouché van Zeerust, se oupa George *1858.  Interessant:  Hulle trou albei met twee niggies met dieselfde name, nl. Cornelia  Gertruida Ebersöhn.  Toevallig sterf albei die mans in 1943. (Bron:  Ella Fouché en ‘n fotostaat van die oorspronklike handgeskrewe Geslagsregister van Willem Stephanus Smit *1864)  

2.   Elizabeth Catharina Naudé Smit *09.07.1866, ~N.G.K.,     

      Middelburg, Kaap 30.09.1866. (Bron: Melville en Fouché) 

3.        Margaretha Helena *03.06.1868, ~N.G. Kerk,  

Middelburg, Kaap 23.08.1868.  (Getuies:  Josina

Elizabeth Dorothea Smit, Jan Hendrik Smit, Susara Jacomina Pieterse).  (Bron: Janet Melville)

4.        Anna Susanna Jacoba *10.02.1874.  Sy word op 26.07.1874 op Zeerust gedoop en die getuies is Schalk Jacobus van der Merwe en Anna Susanna Jacoba van der Merwe (Smit) *25.11.1840.  Interessant: (i)  Met Anna se doop was haar vader, Willem Stephanus *1828, reeds oorlede.  (ii)  Anna se moeder was  tydens haar geboorte ongeveer 44 jaar oud.  (iii) By dieselfde geleentheid doop die twee getuies van Anna se doop, Schalk en Anna van der Merwe (Smit) *25.11.1840, hulle seun met die naam Hendrik Schalk van der Merwe.  Die getuies by hierdie doop was Hendrik Schalk van der Merwe en Aletta Petronella du Toit.

(Bron:  Ella Fouché en Janet Melville)

 

xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

 

 
SESDE GESLAG: WEER GESAMENTLIKE STAMLYN

(SMIT trou met ‘n SMIT)

 

Alewijn Petrus Jacobus Smit *McGregor, distrik Robertson op 23.06.1844.  Boer by  Robertson en sterf 08.04.1918 in sy eie huis in Victoriastraat [moontlik nommer 7], Robertson, in die ouderdom van 73 jaar en 9 maande  x  Josina Elizabeth Dorothea Smit *28.04.1852, Middelburg, Kaap. Josina sterf op 11.12.1934 in haar woning, Victoriastraat, Robertson.  Hierdie datums verskyn op haar grafsteen in die Robertson begraafplaas. (Bron:  Psalm- en Gezangeboek aangaande Alewijn se datums; sterfkennis MOOC 6/9/1091  No. 1251; Grafsteen Robertson begraafplaas van Josina Smit) 

            (Interessantheidshalwe: Josina sou later in haar lewe deur Louisa Smidt van Hanover opgepas word.  Louisa was dus nie familie nie, maar het as inwonende huishulp opgetree.  In ‘n gesamentlike testament, bemaak Alwyn en Josina eenduisend pond en die meubels van  haar kamer aan Louisa.  Alwyn Petrus Smit *1876 het Josina se sterfkennis onderteken.  Sy was 82jr en 8mnde oud toe sy sterf.  Sien die familie-foto (nie op internet) van Alewijn en Josina Smit wat waarskynlik in 1909 geneem is.  Louisa Smidt staan links agter. – Persoonlike mededeling: Willem Stephanus Smit *06.09.1914).      

Na bewering verskyn die naam Dorothea nie op haar doopregister nie en is die naam, hoofsaaklik afkomstig van die Jones voorgeslagte, waarskynlik later bygevoeg.  Die naam kon moontlik ook per abuis uitgelaat gewees het toe die doopregister ingevul is, maar dit is onwaarskynlik – veral omdat haar moeder slegs Josina Elizabeth.  Die naam Dorothea kom ook nie in haar moeder se aantekeninge in die familie-Bybel of op enige ander dokumente wat deur die familie bewaar word voor nie. 

Aangesien daar ‘n dispuut oor haar geboortedatum is, het ek die begrafplaas op Robertson gaan besoek.  Ek vind toe haar graf – ongelukkig ‘n enkelgraf – en vind uiteindelik haar geboortedatum, wat ook met die woorde “sy was 82jr en 8mnde oud” van haar sterfkennis ooreenkom.  Die grafskrif lees:  “Ter Gedagtenis aan Moeder, Josina Smit (28.04.1852 – 11.12.1934) – Willem en Hannie”.

Josina Elizabeth Dorothea se kinders, Willem en Hannie (Johanna) Smit, se besonderhede kan hieronder gesien word.

Nou sal ek na Alewijn Petrus Jacobus Smit *23.06.1844 se graf op McGregor moet gaan soek.  Hy is 16jr voor Josina oorlede, en dit kan net wees dat hy in 1918 op McGregor [of op ‘n plaas?] begrawe is. Ek neem aan dat die familie waarskynlik nie meer belange in McGregor gehad het nie, en dus vir Josina op Robertson begrawe het.  Josina se graf is reg langsaan die van haar dogter, Johanna, en dié van haar skoonseun, Jacobus Francois de Wet (03.03.1870 – 09.04.1956).

  

 

Kinders:           1.  Willem Stephanus Smit *21.01.1872, gedoop Middelburg, Kaap, in     

Februarie 1872.  Later woonagtig op Hermanus.  Hy is op 15.06.1959 tydens ‘n besoek aan sy dogter op Reitz oorlede en volgens die Reitz Munisipaliteit se register op 19.06.1959 in graf nommer 219 begrawe   x  Anna (Annie) Magdalena Smit, gebore De Wet, 30.06.1874 – 06.09.1952.  Was haar doopnaam moontlik Johanna, want sy is soms ook Hannie genoem? Haar enkelgraf is in die begraafplaas op Hermanus. xx Naam onbekend.  Hierdie tweede huwelik was skynbaar kortstondig, maar of dit wettiglik ontbind is kon ek nie vasstel nie.

Kinders:  (i) Maria (Miemie) Smit *24.09.1902 op Robertson, oorlede 1986 in die V.S.A.  Sy verwerf haar B.Sc. en H.S.O.D. en hou skool aan Bloemhof Hoër Meisieskool, Stellenbosch. Daarna aanvaar sy ‘n pos by die Graaff-Reinet Hoër Volkskool.  Hierna hou sy skool by die Hoërskool Hottentots Holland in Somerset-Wes, waar sy en ‘n meneer Kirsten saam ‘n Biologieboek vir die matrieks skryf. x 20.10.1939 Andries Myburgh.  Hy was ‘n seun van S.C. Myburgh. Andries Myburgh was ‘n plantkundige by die Universiteit van Stellenboch.  Proefplante moes snags na buite geneem word, maar mag nie reën op gekry het nie.  Een nag het dit begin reën en het hy in sy nagklere die plante ingeneem.  Myburgh het natgereën, longontsteking gekry en enkele dae later gesterf.

Een kind:  Annemarie Myburgh (Voorname en datums onbekend) 

Daarna hertrou Maria met Andries Myburgh se broer, Piet.  Piet *17,03,1895 en oorlede 30.03.1974 is in die RKK-Sendingstasie se privaat begraafplaas op Reitz begrawe.  Die rede hiervoor is dat hy die grond, wat deel van sy plaas was, aan die RKK geskenk het. Aanvanklik wou die Munisipaliteit van Reitz nie water aan die sendingstasie verskaf nie, en het Piet suksesvol met ‘n mikstok water aangewys en ‘n boorgat laat boor.  Volgens wat sister Helindus in Mei 2004 aan my meegedeel het, is daar later nog twee of drie boorgate gesink, maar in latere jare het hulle wel water van die munisipaliteit verkry.  Maria het as boervrou op verskeie plaaslike verenigings gedien, maar na Piet se dood haar by Annemarie in Philedelphia, VSA, aangesluit, waar hulle albei na bewering oorlede en begrawe is.  Annemarie het met ‘n Amerikaanse musikant, met die naam Jimmy, getrou.  Hulle opgeskote seun (naam onbekend) het glo sy ouers per geleentheid gehelp om hulle tuin vir ‘n Kersbyeenkoms te versier.  Per ongeluk het hy met ‘n lang leer aan ‘n kragdraad geraak en homself doodgeskok.

                   (ii)  Alwyn Petrus Smit (07.08.1906 – 29.01.1907). Van hierdie kind was nie een van die familie wat vandag nog in lewe is, bewus nie.  Met my soeke na die graf van my oumagrootjie, Josina Elizabeth (Dorothea?) Smit, in Robertson, het ek toevallig op die volgende kindergraffie afgekom: “Alwyn Petrus Smit, 07.08.1906 – 29.01.1907”.  Ek het dadelik besef dat dit Willem Stephanus Smit 1872 se seuntjie moes wees.  Mevrou Marie Olivier van die NG Kerkkantoor op Robertsom gee op 18 Desember 2003 die nodige bevestiging uit die doopregister:  “Alwyn Petrus Smit, gedoop op 07.10.1906.  Vader:  Willem Stephanus Smit.  Moeder: Anna Magdalena de Wet.  Getuies:  Alewijn Petrus [Jacobus] Smit [*1844] en sy vrou Josina Elizabeth [Dorothea?] Smit [*1852], Alwyn Petrus Smit [*1876] en sy vrou Gertruida Jacoba [Susanna] de Wet [*1877]”.  My eie vader, Alwyn Petrus Smit  *18.10.1907, hierdie jong seuntjie se latere gebore neef, sou in Oktober 1907 dieselfde naam kry.  (Sien Sewende Geslag hieronder) 

   

2.  Alwyn Petrus Smit (27.08.1876 – 15.08.1956)  x  Gertruida Jacoba   Susanna de Wet  (28.01.1877 – 11.04.1946) van die plaas Goudini, distrik Caledon. xx circa 1950 Alida Jemima Siebrits *02.03.1894, oorlede 11.03.1960, begrawe in Franschhoek.  Sy was die weduwee van Daniel Joubert Siebrits *18.04.1881, oorlede 24.09.1938.  Die twee jongste Siebrits-kinders is jonk oorlede en saam met haar en haar eerste man in ‘n dubbelgraf begrawe – Alida Jemima (Mimie) *22.03.1917, oorlede 19.01.1941 (23jr oud), en Daniel (Niel) Johannes *07.02.1920, oorlede 05.06.1943 (23jr oud).  Die oudste kind was Andries Cornelius (Cornie) Siebrits *20.05.1914, oorlede 14.09.1973.  Daarna het Frans en Hester gevolg. 

(Siebrits-inligting verkry van Meyer Siebrits en sy vrou, Betsie, Franschhoek – nie verwant;  Miemie, 92-jarige weduwee van Cornie Siebrits in Fleur de Lis, tehuis vir bejaardes, Franschhoek;  Datums en name van grafsteen, Franschhoek begraafplaas)  

3.  Johanna Petronella (Hannie) Smit (09.11.1879 – 31.08.1967)  x  ca1899 Jacobus Francois de Wet *03.03.1870, gedoop Robertson 03.04.1870 en oorlede 09.04.1956.  Hy was die seun van Jacobus Johannes de Wet en Gertruida Jacoba Marais.  Kinders: (Kowie) – waarskynlik Jacobus Francois jr. en (Jossie) – waarskynlik Josina Elizabeth.   Jacobus Francois sr. se suster was as Annie (maar soms ook as Hannie?) bekend.  (Sien die familie-foto van Alewijn en Josina)  ‘n Soortgelyke foto met name op, is deur Ella Fouché (Smit) *1934, van Zeerust, aan my geleen – ook die negatiewe van Willem Stephanus Smit x Josina Elizabeth Jones se foto.  Ella se grootouers was George Jones Smit x Cornelia Gertruida Ebersöhn (Sien hierbo).  Van hulle foto het sy my ook die negatiewe gestuur.  Ella se oupa George en my oumagrootjie Josina, was dus broer en suster.  Dit was aangenaam om verlore familie, nogal met dieselfde belangstellings, deur Jéan Smit van Oos-Londen te kon ontdek!

 

xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

           

SEWENDE GESLAG

 

Alwyn Petrus Smit (27.08.1876 – 27.08.1956).   (Hy boer saam met Jakobus de Wet, Rooihoogte, distrik Robertson, wat met sy suster, Johanna (Hannie), getroud was.  Jakobus de Wet se suster weer, was net as Annie de Wet bekend)  Later koop Alwyn ‘n plaas naby Vrede in die OVS.  In circa 1934 verkoop hy hierdie plaas en koop daarna ‘n ander plaas, Uitsig, noordoos van Victoria-Wes. 

Op Vrede in 1918, lê sy seun en my vader, Alwyn Petrus *1907, dodelik siek met die gevreesde griep.  Hy oorleef hierdie krisisdag.  Willem Stephanus *1914, my oom Willie, word deur ‘n ou Zulu-vrou met knoffel behang en ook elke dag knoffel gegee om van te eet.  Sy het gesê dat sy sal sorgdra dat hy nie siek raak nie, en hy hét ook nooit die griep gekry nie. 

Toe Alwyn Petrus *1876 sy boerdery staak en Hennie *1909 later alleen op Uitsig boer, tree Oupa Alwyn in Hermanus af en gee sy huis in Voëlklip ook die naam Uitsig.  Hoewel die huis in ca1998 totaal afgebrand het,  is dit herbou en die twee teëls met die naam Uitsig daarop aangebring – wat die brand wonderbaarlik oorleef het – pryk steeds op die voorstoep.  Ek het twee ou skuiframe wat uit ‘n ou gerestoreerde huis op Bietorivier, Napier (naby Pieter de Kock se plaas, Sandfontein) kom, aan die nuwe eienaar geskenk en hy het die een vensterraam bo in die oostelike gewel ingemessel.  Ek weet dat Oupa so ‘n gebaar sou waardeer het!) 

 

Alwyn Petrus Smit *1876 x Gertruida Jacoba Susanna de Wet (28.01.1877 – 11.04.1946).  Gedoop op 04.03.1877 in Caledon.  (Sy was die dogter van Hendrik Christoffel de Wet *12.01.1833, oorlede 15.01.1911 x Neeltjie Sophia Erasmus *03.05.1840. Hendrik Christoffel de Wet was van die plaas, Goudini, distrik Caledon. Die De Wet-nageslagte boer steeds daar). xx circa 1950 Alida Siebrits van Franschhoek, oorlede 1960.  (Haar besonderhede is reeds hierbo uiteengesit).

 

Kinders:  1. Alwyn Petrus Smit *18.10.1907, oorlede 08.01.1965, my vader.  Boer oorspronklik in vennootskap saam met sy broer, Hennie, op Uitsig, Victoria-Wes.  Koop later die plaas, Seeis, Suidwes-Afrika., tans Namibië.  Tree af en woon in Maraisstraat 18, Strand, waar hy ook oorlede is.  Hy word uit die N.G.K. Moedergemeente Strand deur ds. A. Albertyn (Getroud met Etta de Wet van Caledon) in die nuwe begraafplaas, Strand, begrawe  x  26.07.1943 (NGK Windhoek deur ds. Karel le Roux) Marguerite Irene de Jager *06.07.1917 – sy was die jongste dogter van generaal Matthys Johan de Jager *23.01.1872, Beaufort-Wes x Martha Maria van Niekerk *09.04.1873, Bloemhof, distrik Christiana.  Later van die plaas Excelsior, buurplaas ten suidooste van Seeis, SWA. [Sien my Uitgebreide De Jager Stamregister op die internet] 

Marguerite Irene Smit hertrou in 1968 met Albertoma M. Meiring *26.07.1906, oorlede 1974 in Fort-Beaufort.  Sy ouers het ‘n plaas (die bekende Riempie-volstruisbloedlyn kom waarskynlik hiervandaan) tussen Meiringspoort en De Rust besit.  In 1975 hertrou sy met die wewenaar Johannes Jacobus (Koos) Oosthuizen, gebore Calitzdorp op 07.08.1916, en oorlede op 20.03.1995 in Florida, Transvaal.  (Sy eerste vrou was Duits en haar naam was Sonja Wickert *26.06.1920, oorlede 01.11.1973). 

Interessantheidshalwe:  Koos Oosthuizen was die seun van Jacobus Johannes Oosthuizen *09.02.1885, Gamka-Wes  x  17.09.1907 (Oudtshoorn) Johanna Margaretha Terblanché *27.01.1888 en oorlede 26.01.1944  xx  27.07.1954 Susara Johanna Breytenbach *25.06.1902.  J.J. (Koos) Oosthuizen *1916 se oupa was Jacobus Johannes Oosthuizen *11.04.1844, Vaartwel (Bergplaas), distrik Ladismith, oorlede 02.10.1902 Gamka-Wes  x  Catharina Jacoba Elizabeth Johanna Claasen *21.03.1864 Gamka-Wes, oorlede 14.09.1941 Oudtshoorn.

   

2.    Hendrik (later wettiglik verander na Hennie) De Wet Smit (27.11.1909 – 16.08.1999)  x  Anna Johanna Elizabeth Botha (27.12.1914 – 08.05.1990).  Hulle word albei uit die N.G. Kerk Richmond begrawe.  Anna Johanna word op 11.05.1990  deur Ds. Greeff begrawe.  Willem Stephanus Smit *1914 en Alwyn Petrus Smit *1948 is die twee Smitte wat by albei begrafnisse as draers optree.

            Kinders:  (i)  Gesina Cornelia Dorothea Smit *07.09.1938  x  Andréas Jacobus  Esterhuizen (11.04.1926 – 15.09.2001)  Kinders: (a) Anna Johanna Elizabeth (Elsa) Esterhuizen *07.11.1967  x  Willem Human van Britstown.  (b)  Susanna Petronella (Nellie) Esterhuizen *30.07.1969 x Clive Kingwell, G-Reinet.

                            (ii)  Gertruida (Gerda) Jacoba Smit *04.09.1943  x  Marthinus

                                    Cornelius Steyn *10.06.1944.    

                                              

Kinders: (a) Annaliza Maria Steyn *09.02.1977.                     

                                                              (b) Hennie De Wet Steyn *19.12.1980.

     (iii) Anna Johanna (Anita) Smit *25.01.1949  x Louis van der Merwe *16.05.1948 -- seun van Willem Jacobus van der Merwe *09.02.1914  x  Catherine Elizabeth Yvonne Kock *07.09.1923.

   

Kinders:  (a)  Anna Johanna van der Merwe *21.09.1973  x  Nicolaas Jacobus Cohen   (b)  Elizabeth Yvonne van der Merwe *23.04.1976.  (c) Willem (Willie) Jacobus van der Merwe *04.06.1979.

    (iv)  Henniétte *09.10.1950  x  Christo Louis Botha *08.09.1950.  Kinders:  (a)  Andrúhette Botha *18.12.1973  x  Van Schalkwyk.  (b)  Umaré Botha *13.07.1979  x  Van Jaarsveld.

 

   3.      Cornelia Sophia Smit (18.12.1911 – ca 09.01.1927)   Ongetroud en

        sterf aan maagkoors.  (Bewering van gebarste blindederm word ook

                    deur oorlewering gemaak)  

              

4.    Willem Stephanus Smit *06.09.1914 te Vrede.  Boer van 1938 op die plaas Braidwood, distrik Outji, in die destydse Suid-Rhodesië. Daarna verhuis hy na die Strand en gaan boer van ca1957 op die plaas Brown Hills, net buite Stellenbosch.  Daarna boer hy op die plaas Vryheid, distrik Parys.  Hy woon die afgelope bykans 25 jaar op Donkerhoek, distrik Pretoria  x  Johanna Magdalena du Plessis (26.09.1916 – 10.03.1970).  Johanna (Babsie) is in Vredefort gebore en die dogter van Andries Petrus du Plessis, oorlede ca 1961.

 

Kinders:  (A) Alwyn Petrus Smit *29.04.1942  x  Luna Yssel *11.05.1942.    (Dogter van Gert Hendrik Yssel (10.10.1907 –01.03.1959) en  Helena Dorothea van der Merwe (09.11.1909 – 15.03.1968) -- Gert en Helena Yssel is op 03.10.1932 getroud).

 

Kinders van (A):  (i)    Willem Stephanus Smit *10.01.1969  x  Isobel du Toit *27.06.1969.  Getroud op 27.06.1992. 

Nageslag: (a)  Elna *30.09.1997

(b)    Alwyn Petrus Smit *31.12.2000.

 

  (ii)  Alwyn Petrus Smit *10.11.1971   x                           Marianna de Bruin *06.09.1974. Getroud op 17.03.2001.     Nageslag:  Luwyn *12.12.2002.     

  

              (iii)   Luna Smit *06.02.1975  x  Adriaan Hendrik Dafel *18.09.1973.  Troudatum: 26.04.2003. Nageslag:  Shané *15.07.2000

                     

(B)       Johanna Magdalena (Dalena) Smit *16.01.1946 x  Louis Joachim Theron *26.10.1931. 

 

(C)       Gertruida Jacoba (Ida) Sophia Smit *22.08.1954  x  Edmund Eduardo Coetzer *06.04.1954        

      . 

                                                        Kinders van (C)  (i)    Jacques Edmund *17.10.1985

                                                (ii)   Julian Eduard *15.07.1987

 

xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

 

 

AGSTE GESLAG

 

Alwyn Petrus Smit (18.10.1907 – 08.01.1965).  Oorlede in Maraisstraat 18, Strand  x  Marguerite Irene de Jager *6.07.1917.  (Op haar nuwe ID verskyn foutiewelik 1919).  Die korrekte datum is onder op die boom van ‘n silwer bekertjie gegraveer.  By die bekertjie is ‘n vurkie en ‘n stoterjie – ‘n geskenk ter herinnering aan haar geboortedag.   Interessantheidshalwe:  Irene (noemnaam) is die dogter van generaal Matthys Johan de Jager (23.01.1872 – 09.10.1939)  x  Martha Maria van Niekerk (09.04.1873 – 17.09.1953), dogter van President Gerrit Jacobus van Niekerk, van die Boererepubliek Stellaland.  (Matthys en Martha trou op 29.09.1897 in Pretoria, en die huwelik word deur ds. Faustman bevestig).  Die weduwee, Marguerite Irene, woon tans in Du Toitstraat 1, Bredasdorp. 

 

Een kind:   Alwyn Petrus Smit *05.06.1948.  (Weens omstandighede word ek in die aanklagkantoor van die Seeis-polisiestasie (destydse S.W.A.) deur ds. Morgenthal van Windhoek gedoop.  My moeder word tydens dieselfde geleentheid aangeneem, aangesien sy in die koshuis en Kloosterskool haar skoolloopbaan gehad het, en gevolglik nie tydens haar skooljare in die NGK aangeneem is nie.  Dit was al plek op Seeis waar daar genoeg sitplek vir die familie en vriende was.  Al alternatief was die plaaswinkeltjie of die Seeis Hotel – en daarvoor was my ouers nie te vinde nie!    In 1977 skryf ds. Morgenthal in antwoord op ‘n brief van my moeder: “Ja, ek onthou die plegtigheid baie baie goed – juis vanweë die buitengewone plek waar dit plaasgevind het!”)   

                       

xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

 
NEGENDE GESLAG

 

Alwyn Petrus Smit *05.06.1948.  Gebore in Elizabeth Haus, Windhoek.  Gee in 1970 onderwys op Murraysburg en in die Strand.  Boer van 1971 –1975 op Wellsdale, Seymour.  Wellsdale word in 1975 uitgekoop vir destydse Republiek van Ciskei.  Boer daarna van 1975 - 1999 op Bietorivier, Napier.  Woon tans in Viljoensstraat 12, Bredasdorp  x  31.07.1971 Catharina Maria (Marina) Cillié *18.04.1949, van die Strand.  Klasmaat van my in Laerskool Hendrik Louw en Hoërskool Strand.  Albei in die eerste matriekklas van die nuwe hoërskool in 1966.  Ons ken mekaar dus van 1959, toe ek uit Windhoek in die Strand begin skoolgaan het. (‘n Leeftyd!)  Ons trou in die bekende Toringkerk, Paarl, soos dit ‘n goeie Cillié-Hugenoot betaam! 

            (Marina *1949 is die dogter van Daniël Malan Cillié *06.10.1906, gebore Porterville, daarna Paarl, oorlede 04.07.1985.  Seun van Frederick Johannes Cillié, oorlede 28.11.1942 en Catharina Maria Malan.  Frederick Johannes was die seun van Johannes Arnoldus Cillié en Fredericka Ströhveldt, dogter van Willem Ströhveldt  x  20.09.1927 Toringkerk, Paarl, (huwelikseremonie waargeneem deur dr. M.J. van der Westhuizen) met Ella Johanna Susanna van der Merwe *18.10.1906, oorlede 17.06.1982).  Dogter van Johannes Jacobus van der Merwe *ca1874, oorlede 29.02.1924, seun van Louis Roedolf van der Merwe   x  Maria Elizabeth Wolvaardt *19.10.1882, oorlede 26.12.1958, dogter van Jacobus Wolvaardt en Hendrina van Spijk)

 

Kinders:           1.  Marguerite Irene (noemnaam Alrina) Smit *03.07.1973.  Gebore in Fort-Beaufort  Hospitaal. Op 11.11.1973 in Greykerk, Balfour, gedoop deur ds. C.F.S le Roux  x  15.04.2000 Bredasdorp met Louis Cornelius Jordaan *29.04.1975.  Hy boer op Welgegund en Swartjeskop, distrik Bredasdorp.  (Louis het twee susters: Sophia (noemnaam Soria) Maria *30.12.1978, en Christa *09.03.1983.  Hy  is die seun van Jacobus Daniël Jordaan *09.07.1946  x  Sophia Catharina van Zyl *04.08.1948 -- Albei in die distrik van Bredasdorp gebore)

                                   

Kinders:  Catharina Maria (Marí) Jordaan *18.04.2002.  (Gebore in die Panorama Hospitaal, Bellville/Parow op haar ouma, Catharina Maria Smit (neé Cillié) *18.04.1949, se verjaarsdag).

                       

 

2. Alwyn Petrus Smit *06.09.1975.  Gebore in Paarl Hospitaal, gedoop op 07.12.1975 in die Courtrai-gemeente, Suider-Paarl, deur ds. Burger.  Boer tot 1999 op Bietoriver, Napier.  x  Karin Blom *10.03.1975, van Middelburg, Kaap.  [Sien hulle nageslag onder die tiende geslag]

 

 (Hulle trou op 10.04.1999 in die klein ou strooidakkerkie op Struisbaai, en word deur ds. Erik van Zyl, van Napier, in die eg verbind.  Karin is sedert 1998 publieke staatsaanklaer op Bredasdorp.  Sy is die middelste dogter van Jacob Jacobus Blom *11.03.1940  x  Doris Yvonne Wilkens *30.05.1946 van Middelburg, KP.  Karin het twee susters:  Riëtte Blom *22.06.1977, en dokter Sanet Blom *15,06.1972  x  Johan Bornman *10.11.1975)

 

3.  Johanna Susanna (noemnaam Susan) Smit, *13.01.1981 in die Karl Braemer Hospitaal, Bellville.  Gedoop in Napier NGK deur ds. Andries Auret.  Sy was ‘n au pair vir die familie Armstrong in Darien, Connecticut, VSA, van Feb 2002 tot Feb 2003, en is van 1 Mei 2003 in London werksaam.

 

xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

 

TIENDE GESLAG

 

Alwyn Petrus Smit *06.09.1975  x  Karin Blom *10.03.1975

 

Kinders:  (a)  Alwyn Petrus Smit *16.05.2000.  (Noemnaam    Altus – die drie Alwyn’s veroorsaak verwarring!)  Gebore in Worcester Medi-clinic.                                                                                      Gedoop Middelburg, KP. op 7.07.2000 deur ds. H. Strydom.

               (b)  Carla Yvonne *01.03.2002.  Gebore in Worcester Medi-clinic, en gedoop op Bredasdorp deur ds. Stefan Bouwer.

           

xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

 

ELFDE GESLAG

 

Alwyn Petrus Smit *16.05.2000  x  ………………???……………………..

 

            xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx