Return to Message Board

Matthys Marthinus Bezuidenhout en afstammelinge
Posted by Wynand Bezuidenhout on 2005/08/18

Ek doen navorsing omtrent my Bezuidenhout familie, afkomstig van Witbank/Balmoral. Ek is veral geinterresseerd in Bezuidenhouts met Matthys Marthinus of Matheuse in hul lyn of mense wat die mense ken of van hulle afstam. Die MM Bezuidenhout se een kind was Gerhardus Johannes en hy het op Zuikerboschkop, Witbank/Balmoral/Middelburg-area gewoon. Die se kinders het ek maar ek sal graag dit wil bevestig met die regte Matthys Marthinus aangesien daar ander in die omgewing was wat ook 'n seun G.J. gehad het. Ek vermoed in elke geval dat die Matthys Marthinuse en Matheuse almal eintlik familie van mekaar is en hulle het meestal in dieselfde omgewing gewoon. Enige Bezuidenhouts of mense wat weet, laat my gerus weet.